Loving Life TV

  • This topic is empty.
Viewing 1 post (of 1 total)
  • Author
    Posts
  • #459445
    Nat Quinn
    Keymaster

    ʼn Egpaar en hul drie jong kinders is Woensdag in die vroeë oggendure in hul plaashuis by Musina in Limpopo deur ʼn groep gewapende verdagtes oorval.

    Die gesin is met vuurwapens gedreig en die ouers is tydens die voorval beseer. Volgens brig. Hlulani Mashaba, polisiewoordvoerder, het die aanvallers elektroniese toestelle en ander huishoudelike items tydens die voorval gebuit. Hulle het toegang tot die kluis gekry en vuurwapens gesteel voordat hulle met die gesin se voertuig van die toneel gevlug het.

    “Die slagoffers kon daarin slaag om hulp by die buurman te soek, wat dadelik die polisie ontbied het.” Volgens Mashaba het die polisie onmiddellik met sy ondersoek begin en is die voertuig verlate naby ’n stortingsterrein gevind. Die vuurwapens is ook teruggevind.

    Lt.genl. Thembi Hadebe, provinsiale polisiekommissaris, het die ondersoekspan geloof vir hulle vinnige werk om die motor en vuurwapens terug te vind en het beamptes versoek om hul pogings te verskerp ten einde die verdagtes vas te trek.

    maroela media

     

     

    FARM ATTACK: 2025/01/08, Musina, L. Male and female victim assaulted with a hammer in front of their 2 young sons. Male victim hospitalised. Safety structures recovered stolen firearms and vehicle within hours. Attackers managed to flee. @afriforum #farmattack

     

Viewing 1 post (of 1 total)
  • You must be logged in to reply to this topic.