Loving Life TV

FARM ATTACK AND MURDER

  • This topic is empty.
Viewing 1 post (of 1 total)
  • Author
    Posts
  • #431250
    Nat Quinn
    Keymaster

    Vrou tydens kleinhoewe-aanval doodgeskiet (find-it.co.za)

     

    ONDERSTEPOORT, GAUTENG. – ‘n Vrou (Mev. M.A. van der Westhuizen) is Maandagaand omstreeks 22:15 tydens ‘n kleinhoewe-aanval in Rentiastraat in die noorde van Pretoria doodgeskiet.

    AO Johan van Dyk sê ‘n vrou (Mev. J. Viviers), haar man en swaer (Mnr. Van der Westhuizen), het glo gebraai en saam gekuier.

    Na bewering het Van der Westhuizen ‘n hond hoor blaf en het ondersoek ingestel. Hy het glo op ‘n onbekende gewapende verdagte afgekom wat hom beveel het om stil te bly en hom na waar Viviers en haar man gesit het, gedwing. Die drie is deur die verdagtes vasgebind.

    Nog ‘n verdagte het opgedaag en daar is kontant en selfone geëis. Die twee verdagtes is daarna in die slagoffers se huis in en het selfone en ‘n skootrekenaar ter waarde van R30 000 gebuit.

    Bure het onraad vermoed en glo gaan ondersoek instel. Die verdagtes het op hulle geskiet en mev. Van der Westhuizen is noodlottig getref. Nog ‘n persoon wat uit sy huis gekom het, is in die been geskiet.

    Hierna het die verdagtes glo na nog ‘n huis gegaan waar hulle toegang probeer forseer het. Die persoon in die huis het egter die deur toegehou. Die verdagtes het skote na die deur geskiet, maar niemand is beseer nie.

    Van der Westhuizen kon homself glo intussen loswikkel, sy vuurwapen uit sy huis gaan haal en lukraak die lug in skiet. Niemand is getref nie. Hy het sy vrou dood langs hul motor aangetref.

    Volgens die polisie kon die drie slagoffers wat gebraai het nie ‘n duidelike beskrywing van die verdagtes gee nie.

    Pretoria-Noord-polisiestasie ondersoek die moord en huisroof.

    Die verdagtes wat van die toneel gevlug het is onbekend maar alle leidrade word opgevolg om hulle op te spoor.

    Bron: SAPD

Viewing 1 post (of 1 total)
  • You must be logged in to reply to this topic.