Toufeeq Williams (37), ‘n Leap-beampte van Hanover Park is Sondag 30 Julie 2023 terwyl hy van diens was en met sy dogter in Beacon Valley in die Wes-Kaap gestap het, doodgeskiet.
JP Smith van die DA sê Williams, wat deel was van die wetstoepassingsprogram Leap, en sy dogter het gestap toe hulle in bendekruisvuur vasgevang is. Hy is deur ‘n dwaalkoeël getref wat tot sy dood op die toneel gelei het.
Owerhede is na die toneel ontplooi om ondersoek te doen.
Smith sê nadat hy met die burgemeester gekonsulteer het, het die Stad Kaapstad ‘n beloning van R100 000 aangebied vir enige inligting wat sal lei tot die inhegtenisneming en skuldigbevinding van die skuldiges van Williams se dood.
Vir enige anonieme wenke kan die tolvrynommer 0800 11 00 77 gebel word.
Smith het verseker inligting van anonieme oproepe was nog altyd vertroulik gehou en informante sal steeds beskerm word. Daar moet wel in ag geneem word dat anonieme wenke nie betalings kan ontvang nie, aangesien geen persoonlike inligting van ‘n persoon wat anoniem wil bly geneem word nie.
source:Leap-beampte doodgeskiet toe hy met dogter stap – beloning aangebied – FiND iT (find-it.co.za)