Loving Life TV

Home Forums LETTERS OF INTEREST-SUBSCRIBERS INPUT GESKIEDENIS VAN DIE SA POLISIE

  • This topic is empty.
Viewing 1 post (of 1 total)
  • Author
    Posts
  • #458264
    Nat Quinn
    Keymaster
    GESKIEDENIS VAN DIE SA POLISIE TEENINSURGENSIE (TIN) EENHEID.

    Gedurende Maart 1966 is inligting ontvang dat daar ‘n SWAPO / PLAN terroriste opleidings basis iewers in die noorde van Suidwes-Afrika, in die weste van Ovamboland met die naam Ongulumbashe op die been gebring is met die uitsluitlike doel van terroriste insypeling. En so begin Operasie “BLOUWILDEBEES”

    Honderd-en-vyftig uitgesoekte polisiemanne word uit verskeie eenhede getrek asook lede van die SAW se 1-valskermbataljon.  Na ‘n strawwe Teeninsurgensie (TIN) opleiding het slegs 35 polisiemanne gekwalifiseer om deel te wees van die aanvalsmag saam met 11 lede van die SA Weermag se Valskermbataljon onder die bevel van Kapt Jan Breytenbach, met die hulp van die bemanning van ses Alouette helikopters van die SA Lugmag.

    Dit is interessant om te weet dat lede verbonde aan die Valskermbataljon en die lugmag personeel vir daardie dag as Polisiemanne ingesweer was.

    Eers op 23 Augustus 1966 is hulle ingelig oor presies waarheen hulle op pad is en wat hulle gaan doen.

    Op 25 Augustus vlieg die aanvalsmag onder die bevel van Kol Pat Dillon van die SAP na Ruacana.  Op 26 Augustus 1966 (Vandag presies 58 jaar gelede), kort na sonsopkoms, styg die eerste helikopter vanaf Ruacana op en hulle vlieg in die rigting van die Ongulumbashe basis.  Nie lank daarna nie klap die eerste skote bokant die basis toe die terroriste besluit het om op die helikopters te vuur.  Met hierdie skermutseling is twee terroriste gedood, een gewond en agt gearresteer.

    Dit is amptelik in geskiedenis aangeteken dat hierdie die begin van die Bos Oorlog was wat 23 jaar sou duur.

    Die SAP TIN Eenheid is ‘n paar maande later in 1967 gestig en Polisie beamptes is van Polisiestasies landswyd opgeroep en intensief in Teeninsurgensie

    opgelei wat kortliks bestaan het uit:-

    ** Hantering van aanvalswapens en handgranate en later ook mortiere en geweer granate

    ** Opstel van hinderlae en teenhinderlaag tegnieke

    ** Gevegsvernuf

    ** Patrollie tegnieke

    ** Kaart- en kompas lees

    ** Radiospraak prosedure ** Oorlewingstegnieke

    ** helikopter dril

    en dan afgedeel aan  die SAP TIN Eenheid op grense ontplooi is.

    Hulle sou ‘n VOLLE GEVEGSROL vertolk regdeur die oorlog tot aan die einde van 1989 en sou opereer aan die Angola grens, die Caprivi strook, die volle lengte van die RSA grens tot teen Mosambiek en binne in Rhodesië.

    Die eerste lid van die SAP TIN Eenheid om op aktiewe diens te sterf was Sers. JA Nel op 7 Maart 1967 wat verdrink het tydens Grensdiens in die Kavango. Die eerste lid wat in aksie gedood is in Rhodesië was Konst. D Du Toit op 18 Julie 1968 in ‘n kontak met terroriste.

Viewing 1 post (of 1 total)
  • You must be logged in to reply to this topic.