Loving Life TV

HULP GEVRA VIR BOERE NÁ VERWOESTENDE BRANDE IN LIMPOPO

Home Forums ATTACKS AND MURDERS ON OUR SOUTH AFRICAN FARMERS. HULP GEVRA VIR BOERE NÁ VERWOESTENDE BRANDE IN LIMPOPO

  • This topic is empty.
Viewing 1 post (of 1 total)
  • Author
    Posts
  • #423331
    Nat Quinn
    Keymaster

    6 Oktober 2023

    Waarskuwing die foto’s in die berig kan sensitiewe kykers ontstel

    Die onlangse brande in die omgewing van Ellisras/ Lephalale in Limpopo het grootskaalse verwoesting gesaai, en het die lewens van talle diere gekos.

    Die brande het op 1 Oktober ontstaan, en vinnig na ander gebiede versprei. Brandbestryders kon egter daarin slaag om teen die middag van die 2de Oktober die brand onder bedwang te bring, maar talle weiding en diere het steeds in die slag gebly.

    Twee huise en ‘n lodge het afgebrand, terwyl sowat 12 000 ha gebrand het. Die VF Plus se provinsiale leier in Limpopo, Marcelle Maritz het ook onlangs gevra dat die gebied tot rampgebied verklaar word.

    27 koeie en 13 kalwers het weens die brande gevrek. Ontstellende fotos word ook wyd op sosiale media versprei van wild in die omgewing wat gevrek het, insluitend kameelperde, Elande, Sebras, Rooihartebeeste, Blesbokke en Blouwildebeeste.

    Agri Limpopo het intussen ‘n fonds gestig om boere in die omgewing by te staan. Volgens die organisasie benodig hulle egter steeds, gras bale, lusern bale, bees- en wild lek, vervoer of enige finansiële hulp. Die organisasie kan gekontak word indien jy ‘n bydra wil lewer.

     

Viewing 1 post (of 1 total)
  • You must be logged in to reply to this topic.