Loving Life TV

Home Forums ATTACKS AND MURDERS ON OUR SOUTH AFRICAN FARMERS. Jong boer in Tosca-omgewing se beeste glo met opset vergiftig

  • This topic is empty.
Viewing 1 post (of 1 total)
  • Author
    Posts
  • #430262
    Nat Quinn
    Keymaster

    TOSCA. – ’n Video is Maandag wyd op sosiale media versprei van ’n jong boer, Ockert Goosen, wie se 44 koeie op die plaas Good Hope in die Tosca-omgewing vergiftig is. Die voorval het Saterdagaand plaasgevind, maar die skade is eers Sondagoggend ontdek.

    Dit volg na die beweerde diefstal van agt van die beeste wat Goosen op skuld bymekaar begin maak het. Volgens die gemeenskap is ‘n sindikaat bekend en bedrywig op Bray, Kagisano-Molopo-distrik.

    Goosen se pa het glo die beweerde dief gebel en hom gemaan om die beeste terug te besorg en op te hou steel. Hy het ook genoem dat daar ’n saak by die polisie oopgemaak is. Daar is egter net ’n dreigende stemboodskap wat waarsku oor vergiftiging terugontvang.

    Daarna is vermoedelik gif soos Temik en Two-Step in die diere se waterkrippe gegooi. Die resultate van die toetse wat op die water gedoen is, is nog nie bekend gemaak nie. Skade behels 33 groot koeie en 11 kalwers, wat 24 weeskalwers agterlaat. Voëls, uile, koedoes en duikers het ook gevrek.

    Carin Visser, afgevaardigde en kiesafdelingshoof van die Demokratiese Alliansie in Noord-Wes, het Woensdag op haar Facebook-profiel gedeel dat die DA in Noordwes aan die nasionale polisiekommissaris, lt.genl. Fannie Masemola, en die minister van polisie, Bheki Cele, geskryf het dat die SAPD ’n taakspan moet ontplooi om die veediefstalsindikaat in Kagisano-Molopo te beveg.

    Sy sê: “Dit is moontlik dat hierdie sindikaat die plaaslike polisie gekompromitteer het. Hierdie veediefstalsindikaat terroriseer die gemeenskap al vir meer as 12 jaar, steel en vergiftig vee, betree onwettig plase. Hulle maak hulle ook skuldig aan brandstigting en algemene intimidasie en bedreig die lewens van enige individu wat dit waag om oor hierdie misdade uit te praat.”

    Burre Burger van Droogtehulp het op sodiale media gedeel dat hulle reeds vyf beeste in die Zeerust-area vir Ockert gekoop het. Landswyd het boere, beesgroepe en besighede begin om verse te skenk en veilige aflaai-en-bewaringsplek vir die beeste te reël. Hy sê: “Met baie beloftes en reeds vier verskillende WhatsApp-groepe is die dinge aan die gang en sal ons definitief vir Ockert met baie meer bless as wat hy verloor het.”

    Ockert sê dat baie ander mense ook bydra: “Hulle het ons weer op die voet gebring. Ek is baie dankbaar vir die mense wat ons die tyd help.” Hulle wag nou op die polisie en het hoop dat die sindikaat gestop sal word.

    Naburige boere en lede van die gemeenskap het Maandag met trekkers en laaigrawe opgedaag. Hulle het gehelp om massagrafte vir die vergiftigde diere te grawe. ’n BackaBuddy-insameling is vir Ockert-hulle begin. Bydraes kan tot die Goosen-trust gemaak word. Die geld sal aangewend word om die skade te herstel.

    Kommentaar is van die polisie gevra.

    Die video kan hier gekyk word: https://web.facebook.com/danie.deswardt.378/videos/322414857403935

    BackaBuddy vir Ockert: https://www.backabuddy.co.za/champion/project/ockert-goosen-5770039869101709530

    Bron: Facebook

    BRON:Jong boer in Tosca-omgewing se beeste glo met opset vergiftig (find-it.co.za)

Viewing 1 post (of 1 total)
  • You must be logged in to reply to this topic.