Loving Life TV

Kyk: Vermoorde boer se vrou aan VSA: ‘These attacks do happen’

Home Forums ATTACKS AND MURDERS ON OUR SOUTH AFRICAN FARMERS. Kyk: Vermoorde boer se vrou aan VSA: ‘These attacks do happen’

  • This topic is empty.
Viewing 1 post (of 1 total)
  • Author
    Posts
  • #415745
    Nat Quinn
    Keymaster

     

    SUID-AFRIKA. – Mariandra Heunis sê in ‘n video-boodskap president Cyril Ramaphosa het onlangs vir die media in New York gesê daar is geen moorde op wit boere in Suid-Afrika nie, trouens, hy het gesê daar is nie plaasmoorde nie.

    Johan Heunis, haar man, is tydens ‘n plaasaanval gedurende 2016 dood. Sy vertel hy is ses keer voor haar en hulle sesjarige dogter geskiet waarvan die sesde skoot in sy kop was. Sy was ten tyde van die aanval swanger met hul vierde kind en sy het vyf dae na haar man se dood geboorte aan hul seun gegee.

    Sy vertel hul storie as een van duisende wat daagliks in Suid-Afrika aan die orde van die dag is.

    Heunis pleit vir hulp vir Suid-Afrika en vra die VSA moet haar boodskap versprei vir bewusmaking oor plaasmoorde.

    Justice Sethlangu is op 24 Maart 2020 in die Noord-Gautengse hooggeregshof in Pretoria skuldig bevind aan die moord op Johan Heunis op 1 Oktober 2016 op ‘n kleinhoewe op Kameeldrift. Bykomende klagtes waarop hy verder skuldig bevind is, sluit drie aanklagtes van huisbraak met die opset om te roof, asook die onwettige besit van ‘n vuurwapen en ammunisie, in. (Bron AfriForum)

Viewing 1 post (of 1 total)
  • You must be logged in to reply to this topic.