Loving Life TV

Ma, dogter en skoonseun glo vasgemaak, verwurg, liggame in Bfn-huis gevind

Home Forums ⚖️ CRIME INVESTIGATION LIST ⚖️ Ma, dogter en skoonseun glo vasgemaak, verwurg, liggame in Bfn-huis gevind

  • This topic is empty.
Viewing 1 post (of 1 total)
  • Author
    Posts
  • #410495
    Nat Quinn
    Keymaster

    Huldeblyke en boodskappe van simpatie vir familie stroom in na Betsie Kruger, eienaar van die Byenes-dagsorg in Wilgehof, haar dogter, Janine, en skoonseun, Christo Theron, dood by die dagsorgfasiliteit aangetref is.

    Volgens kapt. Loraine Earle, polisiewoordvoerder, is die polisie omstreeks 08:50 Donderdagoggend na die toneel ontbied waar die drie liggame ontdek is.

    Die liggame van die 36-jarige Christo Theron, 35-jarige Janine Theron en 65-jarige Betsie Kruger is in die huis in Van Heerdenstraat in Wilgehof in Bloemfontein gevind.

    Die polisie was volgens kapt. Earle sedert Donderdagoggend vroeg tot laatmiddag op die toneel om bewyse bymekaar te maak. Die polisie se voorlopige ondersoek dui daarop dat hulle vasgebind en verwurg is. Dis onbekend hoeveel verdagtes betrokke was. Die verdagtes is met ‘n som geld, ‘n skootrekenaar en persoonlike items weg.

    Enigiemand met inligting kan kapt. Sebata Moseme by 082 526 2713 kontak.

     

    (Fotokrediet: Facebook)

Viewing 1 post (of 1 total)
  • You must be logged in to reply to this topic.