Loving Life TV

Home Forums ⚖️ CRIME INVESTIGATION LIST ⚖️ Mans vas wat glo leeus in Potchefstroom verkoop ‘n Transaksie vir die leeus is gemaak en met die terugkeer na Potchefstroom, het die Valke toegeslaan en die verdagtes in hegtenis geneem.

  • This topic is empty.
Viewing 1 post (of 1 total)
  • Author
    Posts
  • #454730
    Nat Quinn
    Keymaster

    Die Valke het op twee verdagtes toegeslaan wat glo ses leeus probeer verkoop het.

    Twee mans is Vrydag, 5 Julie in hegtenis geneem nadat hulle glo probeer het om ses leeus op ‘n plaas buite Potchefstroom te verkoop.

    Nico Scholtz (32) en Huu Tao Nguyen (53) het vroeër vandeesweek in die Potchefstroom-landdroshof verskyn op aanklag van oortreding van die wet op biodiversiteit, sameswering om ‘n misdryf te pleeg en die onwettige besit van ‘n vuurwapen en ammunisie.

    Lt.kol. Tinyiko Mathebula, woordvoerder van die Valke, sê die Valke se ernstige georganiseerde misdaad-taakspan het ‘n leidraad ontvang van ‘n Asiese man wat onwettig leeus verkoop. “Ons het die leidraad op 3 Julie ontvang en die verdagtes is Vrydag in hegtenis geneem.”

    Die verdagte het glo aangebied om ses leeus aan ‘n potensiële koper te verkoop. Daarna het hulle ‘n man ontmoet wat hulle na ‘n plaas geneem het waar die leeus aangehou is. ‘n Transaksie vir die leeus is gemaak en met die terugkeer na Potchefstroom, het die Valke toegeslaan en die verdagtes in hegtenis geneem.

    Tydens die ondersoek is ‘n geweer, 50 rondtes ammunisie, ‘n Toyota Fortuner en ‘n trailer in beslag geneem.

    Die saak is tot 16 Julie vir ‘n formele borgtogaansoek uitgestel. Die verdagtes bly in aanhouding.

     

    BRON:Mans vas wat glo leeus in Potchefstroom verkoop | Potchefstroom Herald (citizen.co.za)

Viewing 1 post (of 1 total)
  • You must be logged in to reply to this topic.