Home › Forums › A SECURITY AND NEWS FORUM › ‘n Mens se hart word warm wanneer jy sien hoe ons mense opstaan en saamstaan. Hier is ons nuwe boks klub, slegs drie weke in, en ons is alreeds so vol dat ons hierdie week ‘n tweede sessie op n Donderdag (vandag) moes byvoeg.
- This topic is empty.
Viewing 1 post (of 1 total)
-
AuthorPosts
-
2024-07-18 at 20:20 #455347Nat QuinnKeymaster
‘n Mens se hart word warm wanneer jy sien hoe ons mense opstaan en saamstaan. Hier is ons nuwe boks klub, slegs drie weke in, en ons is alreeds so vol dat ons hierdie week ‘n tweede sessie op n Donderdag (vandag) moes byvoeg.
Alles in hierdie klub is geborg of geleen deur die Bittereinders-gemeenskap. Nie een sak kom van dieselfde mense af nie, sommige het handskoene vir ander gekoop wat dit nie self kon bekostig nie. Die pads en die matte is geskenk, en so kon ons hierdie klub begin.
Daar is ‘n oorvloed van skoolseuns wat aangesluit het en hulle geniet dit vreeslik baie. Vertrou my, die fiksheid is nie ‘n grap nie, maar daar is net glimlagte op hulle gesigte. Dit is ons plig om ruimtes te skep vir ons jeug waar hulle op ‘n positiewe en gesonde manier bymekaar kan kom. Hier boks ons nie net nie, maar ons gaan die jonges ook leer van ons ware Boere geskiedenis. Daar is groot planne vir wat ons nog vir die jonges wil bied.
Vir die jong manne gaan daar ‘n aparte klas wees, maar vir nou is almal nog gemeng terwyl ons die beste tye vir al die groepe bepaal. Ons jong manne gaan saam skiet, stap en kamp. Ons gaan ook ouer manne in die volkstryd kry om hulle vaardighede aan ons oor te dra. Daar sal ook sosiale geleenthede wees waar ons ‘n nouer band kan vorm.
Die Bittereinders Krygerbond is ‘n plek waar jong manne bymekaar kom wat weet dat daar iewers in die toekoms ‘n las op ons skouers geplaas gaan word. Ons neem die verantwoordelikheid op om onsself voor te berei vir die toekoms, sodat ons met trots en eer ons gesinne, gemeenskappe en Volk sal kan beskerm.
Die Krygerbond is ‘n gemeenskap van eendersdenkende volksgenote wat uit eie keuse besluit om betrokke te raak en ‘n verskil te maak. Om die land te verander en te verbeter, moet ons eers onsself verbeter en versterk. Dit is ons plig!
Alle klasse is gratis vir Bittereinders-lede, en ons beplan om nog klubs regoor die land oop te maak sodra ons eerste een sterk genoeg is.
Indien u nog nie n lid is nie maar die klasse wil bywoon kontak my gerus by 071 753 7683.
Indien u in hierdie inisiatief glo, vra ons u om aan te sluit by die Bittereinders of om ‘n donasie te maak, hetsy dit geldelik is of slegs ‘n springtou of twee. Ons sal enige ondersteuning waardeer.Net so terloops, ons afrigter is n voormalige profesionele bokser, en ons het ook n paar amateur boksers wat uithelp.
God is met ons.
Bittereinders Groete
-Francois van der Merwe071 753 7683
http://www.Bittereinders.co.za
Francois@bittereinders.co.za -
AuthorPosts
Viewing 1 post (of 1 total)
- You must be logged in to reply to this topic.