KAAPSTAD. – Die vyf beskuldigdes in die verdwyning van Nick Frischke, ‘n Duitse toeris, sal na verwagting vandag weer in die hof verskyn.
Igshaan Fisher, Jason Abrahams, Vanroy Petersen, Carlo Guenantin en Melvin Guenantin is in hegtenis geneem na hulle met Frischke se besitting -, ’n selfoon, beursie en rugsak – gevind is. Frischke het op 14 Februarie 2023 verdwyn na hy op Hangberg in Houtbaai gaan stap het.
Die verdagtes het hom glo beroof. Hulle word aangekla van roof met verswarende omstandighede en die besit van ’n vuurwapen. Daar is ook ’n ondersoek onderweg om te bepaal of hulle van sy moord aangekla kan word.
source:Nick Frischke-beskuldigdes weer in hof (find-it.co.za)