Loving Life TV

Home Forums ATTACKS AND MURDERS ON OUR SOUTH AFRICAN FARMERS. Ontvoerde plaaseienaar en vrou na plaasaanval teruggevind

  • This topic is empty.
Viewing 1 post (of 1 total)
  • Author
    Posts
  • #413635
    Nat Quinn
    Keymaster

    ‘n Plaaseienaar en sy vrou wat Saterdag 22 Julie 2023 tussen 19:45 en 21:00 saam met werkers op die plaas Roodepan in die Potchefstroom-area in Noordwes oorval, vasgebind en ontvoer is, is later getraumatiseerd, maar ongedeerd in die Carletonville-area teruggevind.

    Lt.kol. Amanda Funani sê klagtes van gewapende roof en ontvoering is geregisgtreer.

    Volgens inligting het gewapende verdagtes wat te voet was eers die plaaswerkers oorval en vasgebind alvorens die plaaseienaar en sy vrou in hulle huis oorrompel is.

    Funani sê weens skok en trauma kon daar nie bevestig word of enigiets uit die huis vermis is nie.

    Geen beserings is aangemeld nie. Die ondersoek duur voort.

     

    source:Ontvoerde plaaseienaar en vrou na plaasaanval teruggevind – FiND iT (find-it.co.za)

Viewing 1 post (of 1 total)
  • You must be logged in to reply to this topic.