Loving Life TV

Home Forums ORANIA Orania Beweging Nuusbrief: 21 Junie

  • This topic is empty.
Viewing 1 post (of 1 total)
  • Author
    Posts
  • #452953
    Nat Quinn
    Keymaster
    OB---Email-Newsletter-Masthead

    Bo-Karoo Opleiding se eerste opedag ‘n sukses

    Doret Le Cornu

    Bo-Karoo Opleiding (BKO) het op Saterdag 15 Junie hulle eerste opedag aangebied en só die ideale geleentheid aan voornemende studente geskep om met hul toekoms kennis te maak.

    Tydens die opedag het meer as 200 besoekers (insluitend ouers, vriende en voornemende studente) ‘n voorsmakie gekry van die instelling se kursusse, studentelewe, verblyf-opsies en meer.

    “Die opedag het ons beste verwagtinge oortref,” sê Paul Vogel, Bo-Karoo Opleiding se uitvoerende hoof. “Die goeie opkoms spreek vanself van die dag se sukses. Meer as 200 mense van regoor die land en selfs van buite die land het oor die naweek Orania besoek om ons opedag by te woon.”

    Die opedag het voornemende studente die geleentheid gegee om meer uit te vind oor studierigtings, finansiële ondersteuning, koshuis- en ander verblyf-opsies, studentelewe, en die dorp self. Die dosente, personeel en huidige studente van Bo-Karoo Opleiding het die dag se gebeure gedryf deur gesprekke te voer, inligting te deel, vrae te beantwoord en die ouers en voornemende studente deur die koshuise, werkswinkels en studie-lokale te begelei.

    Behalwe vir die koshuise se stalletjies, waar inligting oor BKO se koshuise verkry kon word, het verskeie instellings vanuit die dorp ook stalletjies gehad waar besoekers Orania van nader kon leer ken.

    “Ons het baie positiewe terugvoer gekry van ouers en voornemende studente,” sê Carla Loots, Administratiewe- en Bemarkingbeampte van BKO. “Ons doel was om vir hulle die geleentheid te skep om rustigheid in hul harte te kan hê oor hul studiekeuses en inskakeling by die studentelewe.”

    Foto 1 Mense van regoor die land het gekom om Bo-Karoo Opleiding se eerste opedag by te woon.
    Foto 2 Huidige studente maak hulself handig tydens opedag.
    Foto 3 Voornemende studente kan meer inligting bekom by koshuisstalletjies.

    Mense van regoor die land het die naweek die pad Orania toe gevat om BKO se eerste opedag by te woon
    Studente wat tans by Bo-Karoo Opleiding studeer het hulself handig gemaak by die Opedag
    Voornemede studente het die geleentheid gehad om meer inligting oor die koshuise te kry deur die koshuisstalletjies te besoek.
    Divider

    BELANGRIK: Gebruik die skakel heel onder “View entire message” indien dit afsny as gevolg van lengte.

    Heel onder aan die nuusbrief is skakels na al ons sosiale media platforms.

    Divider

    Breinoperasie vir Orania-vrou: eerste in Suid-Afrika

    ‘n Inwoner van Orania het deelgeneem aan mediese baanbrekerswerk deur die eerste in Suid-Afrika te wees om ‘n dubbele diepbreinstimulasie-inplanting (DBS) te ontvang, in dieselfde operasie terwyl ‘n ou stelsel verwyder word. Hierdie inplanting is vir die behandeling van Parkinson se siekte.

    Jonet Oberholster ervaar al sedert haar middel twintigs simptome van Parkinson se siekte. Vir die afgelope 36 jaar is dit vir haar ‘n daaglikse realiteit om mee saam te leef wat natuurlik ernstige uitdagings meebring. Die reuse negatiewe effek wat die siekte op lewenskwaliteit het is genoeg om enige iemand deur baie diep waters te neem. Jonet het selfs op ‘n stadium gebruik van haar regterhand gedeeltelik verloor.

    Jonet se lewenskwaliteit het drasties verbeter toe sy 17 jaar gelede ‘n operasie ondergaan het waar ‘n neurostimulant en elektrodes in haar brein ingeplant is. Hoë frekwensie stimulasie in drie kern dele van die brein help om skud/ruk bewegings en ander simptome te beheer.

    Die battery vir hierdie eenheid word in die pasiënt se bors ingeplant en drade wat deur die nek gaan verskaf krag aan die eenheid in die brein. Vir Jonet was daar egter weer ‘n terugslag toe die drade wat deur haar nek gaan van gebruik begin buig en breek het, en die inplantaat buite aksie gestel het.

    Die operasie moes weer, met ‘n nuwe inplanting gedoen word, en dit is geensins sonder risiko nie. Jonet het geweet dat die risiko vir totale verlamming, verlies van beheer oor ledemate en self blindheid moontlik gevolge kon wees van die proses.

    ‘n Uiters bekwame mediese span in Constantiaberg Mediclinic in die Kaap was bereid om op Jonet te opereer en Jonet se mediese fonds het dit goedgekeur. Die gespesialiseerde hoofsjirurg was egter op mediese verlof en die span kon nie sonder haar aangaan nie.
    Teen November 2023 was die sjirurg weer beskikbaar en aktief en kon opereer.
    Die mediese span het met Duitse mediese spesialiste geskakel wat al operasies van hierdie aard gedoen het, om hulle voor te berei. Dit sou die eerste keer word dat so ‘n operasie in Suid-Afrika uitgevoer word.

    Die ou inplanting moes verwyder word en die nuwe stelsels moes tydens die dubbele operasie geïnstalleer word.

    Jonet vertel haar van haar ervaring. “’n Mens moet wakkerbly tydens die proses, indien daar selfs die kleinste skade aan van die breinweefsel is moet die span sjirurge onmiddellik kan kyk of die pasiënt nog reageer of daar tekens van permanente skade is sodat hulle kan stop”.

    In praktyk beteken dit dat die pasiënt gevra word om basiese bewegings te maak om die senuweestelsel te toets terwyl die operasie aan die gang is!

    Omdat aan beide die linker- en regterbrein geopereer word, word die skedel soos ‘n perdehoef oopgesny en opgelig. Terwyl hulle aan die oorspronklike operasie se inplanting gewerk het, het Jonet skielik die vermoë verloor om haar oë te beweeg. Die span moes alles staak en verwyder en van voor af ingaan.

    Die operasie het van die oggend 07:00 tot 18:20 die aand geduur!
    Die toestel word aan ‘n skootrekenaar gekoppel om gekalibreer of ingestel te word. Dae na afloop van die operasie het Jonet nog simptome ervaar, maar daar is gestel aan die frekwensie tot die simptome verdwyn het!

    “Dit is die eerste keer in 36 jaar dat al die simptome weg is, dit was ‘n baie benoude en angswekkende tyd. Ek het net gebid in die teater en ek weet dit is ons Hemelse Vader wat my hierdeur gelei het.”
    “Daar was so ongelooflik baie gebede van vriende en familie wat my ondersteun het!”

    Jonet het spesiaal ook verwys na die Michael J Fox foundation in die VSA wat baanbrekerswerk op hierdie gebied doen, asook die jong en uiters knap dr Corlise Steyn wat die hoofsjirurg is.

    Jonet se suster Wilma, is ook vir veertig jaar al ‘n Parkinsonsleier wat dieselfde uitdagings ondergaan. Vir haar om toegang tot dieselfde vlak van mediese sorg te kry sal etlike honderde duisende rande kos.

    Ons is dankbaar saam met Jonet en bid ook vir ‘n uitkoms vir Wilma.

    Foto Jonet Oberholster glimlag vir ‘n foto saam met haar seun wat saam Kaap toe is om haar te ondersteun.

    WhatsApp Image 2024-06-21 at 13.46.29
    Divider
    20240222 Ruspunt Advertensie Vars weergawe 002
    Divider

    Orania-meisie in modeltydskrif opgeneem

    Frans de Klerk

    Chrissi Bornman (16) het onlangs aan ‘n kompetisie van Photogenic Pageant Modeling & Competitions (PPMC) deelgeneem en is as een van die wenners aangewys. Hiermee het Chrissi vir haar ‘n artikel in PPMC-tydskrif losgeslaan.

    Die artikel handel oor “Die inspirerende reis van ‘n 16-jarige ruiter uit ‘n hegte gemeenskap in die hartjie van Suid-Afrika …”

    “Ek is mal oor my klein dorpie,” vertel Chrissi in dié artikel. “Ons staan almal saam en daardie gevoel van eenheid inspireer my elke dag.”

    Chrissi se liefde vir perdry het begin toe hulle gesin hul eerste perd, Sprite, tien jaar gelede aangekoop het. Chrissi se ouers, Eric en Jessica Bornman, het Orania Perdryskool gestig waar Sprite, ten spyte van haar 33 jarige ouderdom, tot vandag toe nog kindertjies leer perdry.

    Volgens Chrissi is perdry meer as net ‘n sport, maar ‘n ervaring waaruit ‘n mens verskeie lewenslesse kan leer. Chrissi plaas veral die klem op goeie kommunikasie en sportmansgees.

    “’n Mens moet onthou dat die perd ook ‘n atleet is. Saam is ons ‘n span. Net soos wat ek tyd nodig het om goed te oefen, nuwe dinge te leer en selfs om te ontspan, so ook moet die perde tyd gegun word.”

    Vir Chrissi is dit lekker om in Orania te kan perdry. Sy vertel dat sy hier vry en veilig voel wanneer sy haar gunsteling sport beoefen.
    Wanneer sy haar skoolloopbaan voltooi het, beoog Chrissi om eendag ‘n veearts te word, of selfs om haar perdryloopbaan verder te ontwikkel. Om eendag aan die Olimpiese-spele deel te neem is een van Chrissi se groot drome.

    “Op ‘n perd kan ek my passie uitlewe!” sê sy. “Dit leer selfs vir my lesse vir die lewe buite perdry soos dat ‘n mens altyd slegte omstandighede kan omkeer!”

    Orania is trots om met súlke positiewe jong Oraniërs te kan spog. Baie geluk Chrissi, jy maak jou gemeenskap trots!

    Foto 1 “Flatwork” is Chrissi se gunsteling vorm van perdry.
    Foto 2 Chrissi en haar perd skrik vir geen hindernis nie!

    IMG 20240429 200106880
    IMG 20240429 200518352
    Divider
    Orania Beweging Nuusbrief Advertensie 21032024
    Divider

    Orania vlag weer oor Comrades-eindstreep gedra

    Oraniërs neem wyd deel aan sport. Sommige kompeteer op ‘n baie hoë vlak regoor die land en selfs in internasionale kompetisies.

    Die Orania Atletiekklub is ‘n sportinstelling in Orania wat ‘n tuiste vir atletiek en langafstandatlete bied. Dié klub het vanjaar weer drie atlete gehad wat aan die uitmergelende Comrades ultra-maraton deelgeneem het.

    Drie atlete vanuit Orania het vanjaar aan die sogenaamde op-roete van die Comrades Marathon tussen Durban en Pietermaritzburg deelgeneem. Die atlete het natuurlik uitgestaan in hulle duidelike oranje, wit en blou klubklere wat baie opsigtelik “Orania Atletiekklub” gemerk is. Dit het toejuiging, grappies, belangstelling en selfs gesprekke met ander atlete en toeskouers tot gevolg gehad.

    Die drie manne het die wedloop almal tussen tien en elf ure voltooi.
    Christo Muller, wat die wedloop vanjaar vir ‘n 21ste keer kafgedraf het, het die pylvak ingedraf met ‘n Orania-vlag wat sy vrou Karin vir hom naby die einde gereed gehou het. Onder luide toejuiging het hy die skare met dié vlag vermaak!

    Christo is ‘n pad- en veldwedloop veteraan en verteenwoordig graag die gemeenskap in woord en daad by hardloopgeleenthede. Christo het vanjaar vir die eerste keer met sy dubbelgroennommermerk deelgeneem wat aandui dat hy meer as 20 wedlope voltooi het.

    Wayne Mc Dermid het sy derde Comrades vanjaar voltooi en het sy hardloopskoene weer afgestof na hy ‘n paar jaar lank gerus het. Ten spyte van vanjaar se pyn en lyding met die op-wedloop het Wayne onderneem dat hy volgende jaar terugkom!

    Foto Orania se Comrades-deelnemers (vlnr): Wayne Mc Dermid, Christo Muller, Joost Strydom.

    GQhLXYRXYAAE B2
    Divider

    Orania spog met ‘n nuwe vullistrok

    Frans de Klerk

    Weens Orania se vinnige groei is dit nodig dat munisipale dienste en infrastruktuur deurlopend opgradeer en ontwikkel word. Daarom het die Orania Dorpsraad op 27 Mei 2024 ‘n splinternuwe vullistrok aangekoop.
    ‘n Toename in inwoners veroorsaak natuurlik ‘n toename in vullis. Hierdie nuwe trok (‘n Nissan UD90) het ‘n 13m³ bak sowel as ‘n meganisme waarmee groot asblikke gekantel en leeggemaak word. Vullissakke en kleiner asblikke word met die hand gelaai en leeggemaak. Binne die bak word vullis saamgepers en gekompakteer om meer plek te maak. Wanneer die bak vol is word die vullis meganies by die stortingsterrein afgelaai.

    “Die trok maak ‘n reuse verskil. Ons kan baie meer vullis laai voordat die trok leeggemaak moet word en spaar dus baie tyd om nie kort-kort vullisterrein toe te ry nie,” vertel André van Heerden, hoof van Ingenieursdienste by die Dorpsraad. “Die werk is nou baie skoner weens minder hantering. Dit het baie gebeur dat sakke skeur en dan is dit ‘n groot gemors vir die ouens wat moet laai.”

    Op Maandae word nie-herwinbare vullis verwyder terwyl herwinbare vullis op Donderdae verwyder word. Die nuwe vullistrok het reeds sy staal saam met die kranige span laaiers bewys en moet meer as 930 huishoudings se vullis per sessie verwyder.

    Foto 1 Die laai-span (vlnr): Ryno van Zyl, Hector Roets, Hennie Meyer.
    Foto 2 Orania se nuwe vullistrok.

    IMG-20240614-WA0003
    IMG-20240415-WA0034
    Divider
    Volkskool advertensie Jan 22
    Divider

    YouTuber uit Engeland besoek Orania

    Frans de Klerk

    Miles (Lord Miles op YouTube), het onlangs Orania kom besoek.

    “Dit is werklik ongelooflik wat julle hier vermag” vertel dié groepie se Suid-Afrikaanse toergids.

    Miles is ‘n videovervaardiger wat regoor die wêreld reis na plekke en kulture wat hy interessant vind. Orania was natuurlik gou op sy radar en hy was beïndruk met wat hy hier gevind het.

    Op sy video, en hierdie foto’s, verskyn hy trots met ‘n Orania-pet, Orania-hemp, Orania-vlag en ‘n paar tradisionele lapelwapens.

    Ons wag in spanning vir Miles se video wat binne die volgende ses weke op YouTube beskikbaar sal wees. Hy en sy span was veral attent daarop om nie Orania se rus te versteur, of Oraniërs ongemaklik te laat voel nie.

    Dit is lekker om sulke vriendelike Orania-ondersteuners te kan ontvang!

    Foto 1 Joost Strydom vertel vir Miles meer oor Orania-kultuur.
    Foto 2 Miles gesels met Theuns Wessels van Orania Veiligheidsdienste.
    Foto 3 Miles spog met ‘n Orania-vlag op sy sosiale media profiel.

    Miles en Theuns
    Joost en Miles
    Miles
    Divider
    Groeifonds Voorgrond Advertensie Maart 2023 copy
    Divider

    Pekanneut-oesseisoen in volle swang

    Doret Le Cornu

    Pekanneut oes op Orania is in volle swang met verskeie oesspanne en verwerkers wat die afgelope week aan die werk gespring het om die neute van die bome tot uiteindelik by die verpakker te besorg.

    Alhoewel die produksie van pekanneute in Orania nie sonder uitdagings en struikelblokke is nie, bly dit een van die grootste boerderybedrywe met meer as 50 hektaar wat tans opbrengs lewer.

    Deur die loop van die jaar word die bome volgens besproeiings-, bemesting- en spuitprogramme voorberei en onderhou. Wanneer die oesseisoen begin, word daar ekstra werkers gewerf vir die duur van die oestydperk. Koue oggende, winderige middae en laat aande word in die boorde deurgebring.

    Die neute word deur middel van ‘n skudmasjien van die bome af geskud en versamel op ‘n oopgespreide net, van waar dit in rye getrek en in tonnemaat sakke gegooi word. Van daar word dit na die boer se keuse van verwerker en verpakker vervoer. Neute wat op die grond agterbly word bymekaar geblaas en met die hand opgetel.

    Foto 1 Die skudmasjien skud pekaneute van die boom af.
    Foto 2 Neute word in rye getrek.

    Die Pekanneute word uit die bome geskud
    Na die neute uit die bome geskud is word dit bymekaargemaak in seile
    Divider
    Kuberskool-2022-A4-Advert
    Divider

    Afrikanervolkswag vier 40e verjaarsdag

    Frans de Klerk

    “Die Afrikanervolkswag, tot ‘Volkswag’ verkort, het ‘n kort bestaan en ‘n lang náwerking gehad. Die opspraakwekkende stigting in Mei 1984 was tekenend van die tye: politieke verdeeldheid oor die destydse regering se hervormingsbeleid het tot spanning in die formidabele netwerk van Afrikaanse kultuurorganisasies gelei en die hele nasionale Afrikanerprojek het uiteindelik ten gronde gegaan. Die Volkswag se ontvangs in die openbare media en gevolglike beeld het in die teken daarvan gestaan, maar sy werksaamhede het in werklikheid ‘n nuwe era aangekondig. ‘n Mens kan dit beskryf as die begin anderkant die einde.”
    -Perspektief, Vryheidstigting

    Die Afrikanervolkswag is op 4 en 5 Mei 1984 in Pretoria gestig. Die Volkswag het die Volkstaat-inisiatief met Orania as groeipunt ondersteun en in 1994 sy hoofkantoor na Orania verskuif. In 2000 het dit oorgegaan in ‘n samesmelting van die Volkswag en AVSTIG (Afrikanervryheidstiging) in die Orania Beweging (ons was die eerste Afrikanergroep wat onsself ‘n “beweging” genoem het), met SABRA (Suid-Afrikaanse Buro vir Rasseaangeleenthede) as ‘n selfstandige vennoot.

    Die Volkswag is dus een van die instellings waarin die Orania Beweging sy oorsprong vind. Die Vryheidstigting, wat SABRA se opvolger is, het in sy Mei-uitgawe van Perspektief vermelding gemaak van die 40e verjaardag van die Volkswag. Die Vryheidstigting is ook van voorneme om ‘n boek oor die stigting van die Volkswag digitaal her uit te gee wat beskikbaar sal wees op Kindle.

    Ter viering van die Volkswag se 40e verjaarsdag het Carel Boshoff, uitvoerende hoof van die Vryheidstigting, met James Kemp van Pretoria FM gesels. Klik gerus op die knoppie hieronder om na daardie gesprek te luister.

    Divider
    Dorpsraad Advertensies-01
    Divider
    Jou keuse vir 2024 advert-01
    Divider
    WhatsApp Image 2024-02-16 at 12.31.40 10c21a12
    Divider

    Volkskool Orania vier 33ste verjaardag

    Doret Le Cornu

    “Lekker kos, goeie geselskap en vet pret, alles wat ‘n mens nodig het om ‘n verjaardag te vier,” só beskryf Volkskool Orania die viering van hulle 33ste verjaardag.

    Volkskool Orania, gestig op 4 Junie 1991, se verjaardag vieringe het gepaard gegaan met ‘n potjiekoskompetisie en vermaak vir die jongspan.

    “Al van vroegoggend af het die vure hoog gebrand en die potte geprut,” sê Anje Boshoff, hoof van Akademie en Ontwikkeling. “Die beoordelaars het die spanne wat ingeskryf het vir die potjiekoskompetisie deur die oggend dopgehou, rondtes by elke span gemaak en teen twaalf uur die wenners aangekondig nadat daar van elke pot geproe is.”

    Terwyl die potte nog aan die prut was het beoordelaars, deelnemers en ondersteuners oor en weer gekuier, en koek geniet by die teetuin. Die jongspan het hulleself besig gehou deur kolwyntjies te versier en van hul energie by die skopfietsie-baan ontslae te raak.

    Nadat die wenners van die potjiekoskompetisie aangekondig is het almal geskep en saam geëet rondom piekniektafels. Die dag se samesyn is daarna afgesluit en almal kon terugkeer na hul tuistes om die res van hul dag rustig verder deur te bring.

    Foto 1 Potjiekosspanne staan gereed met allerhande bestandele.
    Foto 2 Kolwyntjies versier is lekker!
    Foto 3 Volkskool se verjaarsdag is kleurvol en met baie energie gevier.

    448209293 857347193085865 8945872840300085704 n
    448175111 857355959751655 5918666473940667852 n
    447896363 857355903084994 6390322695499662393 n
    Divider

    16 Junie dra verskeie baadjies in 2024

    Frans de Klerk

    Konsentrasiekampdag en Jeugdag
    16 Junie is ‘n dag met verskeie name in 2024. Teen hierdie tyd is dit al bekend dat Orania se kalender verskil van dié van Suid Afrika. In Orania word daar sommige dae herdenk of gevier wat nie in Suid Afrika gedoen word nie – die onlangse Bittereinderdag op 31 Mei is ‘n goeie voorbeeld hiervan. Daar is ook vakansiedae in Suid-Afrika wat nie in Orania gevier of herdenk word nie. Maandag 17 Junie was in Suid-Afrika ‘n vakansiedag, maar nie in Orania nie.

    In Orania herdenk ons Konsentrasiekampdag op 16 Junie en bring eer aan die ystervroue en -kinders wat die grootste opoffering vir vryheid gemaak het. Tydens die 1899 Vryheidsoorlog, veroorsaak Lord Kitchener se Verskroeideaarde-beleid hel op aarde vir die boere. Plase, huise, landerye, stalle en selfs vee word verbrand in ‘n poging om die Boere se hulpbronne te vernietig.

    Die vroue en kinders wat nou haweloos was, is na konsetrasiekampe vervoer. Hier moes hulle met bittermin skuiling teen die natuur en selfs nog minder kos en water probeer oorleef. Hierdie brutale beleid eis die lewens van meer as 22 000 onskuldige vroue en kinders.

    Die Orania Beweging het ‘n meningspeiling van stapel gestuur met die vraag: Hoeveel Afrikaners herdenk nog Konsentrasiekampdag?

    Hierdie meningspeiling is steeds aktief en word eers op 22 Junie gesluit sodat meer mense die geleentheid kry om deel te neem. Ons nooi graag ons nuuslesers uit om ook deel te neem! Klik op die knoppie hieronder vir die meningspeiling.

    Vadersdag
    16 Junie 2024 was natuurlik ook Vadersdag. Die Orania Beweging wens elke pappa en oupa baie geluk! ‘n Sterk gemeenskap het sterk ouers nodig en hier in Orania is ons trots op ons vadersfigure!

    Foto 1 Neem deel aan die Orania Beweging se meningspeiling.
    Foto 2 Orania-pappa omhels sy kinders.

    Konsentrasiekampdag-post
    444213187 848663637287554 8025960719803125016 n
    Divider

    Groeifonds help energie sekerheid aan Orania verskaf

    Pieter Bisschoff

    ‘n Stabiele krag-netwerk is ‘n voorwaarde vir groei en ontwikkeling om te kan plaasvind. Surplus elektrisiteit skep nie net vertroue in ‘n bepaalde gebied nie, maar maak dit ook vir potensiële beleggers moontlik om in daardie ekonomie te belê.

    Die Groeifonds se lening aan Orasol verseker dat Orania, wat kragvoorsiening betref, op die voorvoet is. Die 1,25 megawatt-piek-sonplaas, gerugsteun deur ‘n 4,8 megawatt-uur-battery, bied energiesekerheid aan inwoners, ondernemings en nywerhede. Die rimpeleffek wat dit op Orania se ekonomie uitoefen is duidelik sigbaar. Produktiwiteit wat as gevolg van beurtkrag nie altyd na wense was nie, is bykans iets van die verlede. Terselfdertyd maak die stabiele kragnetwerk dit vir nuwe ondernemings moontlik om hul besighede op ‘n volhoubare wyse te bedryf.

    Vir beleggers bied die Groeifonds ‘n unieke beleggingsgeleentheid. Die volhoubare projekte, soos Orasol, en infrastruktuurontwikkeling wat die Groeifonds ondersteun bied nie net sekerheid aan beleggers nie, maar lewer ook ‘n markverwante opbrengs. U belegging help om die Afrikanersaak te bevorder.

    Belê vandag nog in die Groeifonds en help om Orania in ‘n tuiste vir honderd duisende Afrikaners te omskep.

    Vir meer inligting kontak Jackie Roux by tel: 053 030 000 of stuur ‘n e-pos na: groeifonds@orania.co.za

    Foto Lugfoto van Orasol se sonplaas.

    Orasol
    Divider
    HOA OB Old logo
    Divider
    Screenshot 20221129 194313
    Divider
    PIETER BISSCHOFF
    Divider

    facebook instagram twitter youtube
Viewing 1 post (of 1 total)
  • You must be logged in to reply to this topic.