Home › Forums › ATTACKS AND MURDERS ON OUR SOUTH AFRICAN FARMERS. › Plaasaanval: Vyf jaar later is slagoffer nog nie gesond nie
- This topic is empty.
Viewing 1 post (of 1 total)
-
AuthorPosts
-
2023-08-31 at 16:48 #418477Nat QuinnKeymaster
HARTBEESHOEK, DE WILDT, NOORDWES. – Robert Feldman (61), sy vrou Hester en hulle seun Frikkie was Donderdag 11 Oktober 2018 omstreeks 02:00 slagoffers van ‘n brutale plaasaanval. Die gesin is deur vier verdagtes oorval waar hulle in hulle plaashuis gelê en slaap het. Na vyf jaar het hierdie gesin se nagmerrie-ondervinding en trauma steeds ‘n beduidende effek op hulle lewens.
Die gesinslede was ten tyde van die voorval onderskeidelik 56, 52 en 16 jaar oud toe Robert Feldman ernstig beseer is toe hy met ‘n panga oor die kop geslaan is. Alhoewel hy nie kan onthou wat gebeur het nie, het hy en die aanvallers, wat met ‘n panga en ‘n vuurwapen gewapen was, in ‘n stoeiery betrokke geraak, waartydens een van die aanvallers noodlottig gewond is.
Vier verdagtes het toegang tot die plaashuis verkry deur ‘n skuifdeur oop te breek. Die gesin is met skoenveters vasgebind en deurentyd geskop terwyl hulle huis geplunder is. Selfone en kontant is gebuit. Die drie verdagtes moes te voet van die toneel vlug nadat hulle misluk het om die Feldmans se voertuig te steel.
‘n Huurder wat ook op die plaas woon, het nadat hy van nagskof af tuisgekom het, onraad vermoed en ondersoek ingestel. Hy het die gesin losgemaak en hulp ontbied.
Robert, wat nie lid van ‘n mediese fonds is nie, is ernstig beseer en is per ambulans na George Mukhari-hospitaal geneem.
Hy en sy gesin het wel die aanval oorleef, maar moes die moeilike taak aanpak om hulle lewens se stukke op te tel en elders voort te gaan.
‘n Deel van Robert se skedel moes verwyder word en daar is tans net sagte weefsel. Hy sukkel met gehoorverlies en het derm- en urologiese skade opgedoen waarvoor hy mediese prosedures moet ondergaan.
Die man wat hierdie trauma oorleef het en oor die afgelope vyf jaar in en uit by staatshospitale was en steeds nie gesond is nie, het nie opgegee op die lewe nie. Hy leef voluit vir die Here en is ook heel vaardig met leerwerk en stoffering. Robert het egter afgetree en sukkel om sy mediese kostes te dek.
Hester verduidelik hulle is ‘n hegte gesin wat mekaar bystaan en hulle droom is net om vir Robert by die regte dokters en regte behandeling te kry sodat hy ook ‘n kwaliteitlewe kan geniet.
https://www.backabuddy.co.za/robert-feldman-5680895911213012252
Bron: Hester Feldman en BackaBuddy
SOURCE:Plaasaanval: Vyf jaar later is slagoffer nog nie gesond nie (find-it.co.za)
-
AuthorPosts
Viewing 1 post (of 1 total)
- You must be logged in to reply to this topic.