Loving Life TV

Home Forums ⚖️ CRIME INVESTIGATION LIST ⚖️ Polisie sê oor rapportering op sosiale media Deur Wanda Olivier

  • This topic is empty.
Viewing 1 post (of 1 total)
  • Author
    Posts
  • #462981
    Nat Quinn
    Keymaster

    NOORDWES. – Daar is op sosiale media beweer die Swartruggens-polisie het glo ongeveer 80 mense toegelaat om beeste van ‘n plaas, sonder die eienaar se toestemming te laai. Die bewering is elders as nuus gepubliseer.

    Brig. Sabata Mokgwabone sê die polisiebestuur van die provinsie ondervind steeds ‘n probleem met die gemeenskap wat klagtes op sosiale media en ander platforms rapporteer en selfs hulle klagtes daar plaas. Mokgwabone sê die spesifieke insident is nooit by die polisie aangemeld nie, alhoewel ‘n groep persone buite die polisiestasie opgemerk is. Die distrik- en provinsiale kommissarisse het toegetree en daar is ‘n saak geopen en ondersoeke geloods.

    Mokgwabone nooi diegene wat ontevrede is nadat hulle ‘n polisiestasie of eenhede besoek het om die beskikbare kanale om ‘n klagte in te dien, te gebruik. Die bestuur van ‘n eenheid, ‘n stasie, distrik- en provinsiale kommissarisse kan genader word. Altenatiewelik kan klagtes by 082 856 0995 aangemeld word.

    “Die polisie in die provinsie kan nie ’n situasie goedpraat waarvolgens mense besluit om die bestaande prosesse te ignoreer en hulle tot sosiale media wend, waar hulle skaars bystand kry nie. As dit beteken om stappe te neem, sal dit beslis gedoen word.”

     

    BRON:Polisie sê oor rapportering op sosiale media – Nuusflits

Viewing 1 post (of 1 total)
  • You must be logged in to reply to this topic.