Loving Life TV

Home Forums ⚖️ CRIME INVESTIGATION LIST ⚖️ Polisievroue op borg vrygelaat Deur Wanda Olivier

  • This topic is empty.
Viewing 1 post (of 1 total)
  • Author
    Posts
  • #461676
    Nat Quinn
    Keymaster

    VRYSTAAT. – Molebogeng Lucia Marumo (38) en Mamorena Suzen Shuping (38), polisievroue wat die range van konstabel en sersant by Heidedal-polisiestasie beklee, is elkeen op R1 000 borg vrygelaat.

    Mojalefa Senokoatsane, woordvoerder vir die NVG, sê die polisievroue het op aanklag van aanranding met die doel om ernstig te beseer in die Bloemfontein-distrikshof verskyn. Hulle het glo op 19 Januarie ‘n vrou (40) wat na bewering ‘n dispuut met hulle gehad het by die Heidedal-polisiestasie aangerand. Die slagoffer is na die polisiestasie om hulp te kry vir haar kêrel wat glo ‘n beskermingsbevel oortree het. Na ‘n Opod-ondersoek is beide die polisievrouens gearresteer.

    Die saak is tot 7 Maart vir verdere ondersoek en ‘n besluit deur die direkteur van openbare vervolging, uitgestel.

Viewing 1 post (of 1 total)
  • You must be logged in to reply to this topic.