Loving Life TV

Home Forums ⚖️ CRIME INVESTIGATION LIST ⚖️ President Ramaphosa sal jou nie ‘gratis data’ gee nie

  • This topic is empty.
Viewing 1 post (of 1 total)
  • Author
    Posts
  • #426863
    Nat Quinn
    Keymaster

    Skakels en boodskappe wat beweer dat president Cyril Ramaphosa aan Suid-Afrikaners gratis data aanbied, het in so ‘n mate voorgekom dat die departement van kommunikasie en digitale tegnologie (DCDT) ‘n amptelike waarskuwing oor ‘n bedrogspul uitgereik het.

    Die bedrieërs gee voor om die president te verteenwoordig wat ‘n ruim aanbod maak om 10 GB se data aan al sy ondersteuners weg te gee. Die swendelaars probeer mense so ver kry om op ‘n skakel onder die naam van hul selfoonnetwerk te klik om sodoende van die aanbod gebruik te kan maak. Dit is nie duidelik wat gebeur nadat op die skakel geklik is nie, maar dit sal nie raadsaam wees om te probeer uitvind nie.

    Die waarskuwingstekens dat die aanbod ‘n bedrogspul is, is duidelik. Die skakel spel Ramaphosa se naam verkeerd en die kort byskrif by die berig is deurspek met spelfoute.

    In ‘n reeks plasings op X het die DCDT gesê daar was ‘n oplewing in hierdie tipe swendelary. “Ons wil graag u aandag vestig op die onlangse toename in vals boodskappe en disinformasie wat aanlyn gedeel word,” het die departement gesê. “In vandag se digitale era versprei verkeerde inligting vinnig en kan dit aansienlike gevolge hê. Dit is van kardinale belang om die egtheid van enige inligting te verifieer voordat jy dit glo of dit deel.”

    #Ramaphosa #GratisData #Afrikaans #Nuus

     

    bron:President Ramaphosa sal jou nie ‘gratis data’ gee nie (find-it.co.za)

Viewing 1 post (of 1 total)
  • You must be logged in to reply to this topic.