Loving Life TV

Privaat sekuriteitsmaatskappy waarsku oor toename in ontvoerings in Suid-Afrika

Home Forums ⚖️ CRIME INVESTIGATION LIST ⚖️ Privaat sekuriteitsmaatskappy waarsku oor toename in ontvoerings in Suid-Afrika

  • This topic is empty.
Viewing 1 post (of 1 total)
  • Author
    Posts
  • #425516
    Nat Quinn
    Keymaster

    Die privaat sekuriteitsmaatskappy, Fidelity, het gewaarsku oor die toename in ontvoerings in Suid-Afrika vanjaar met meer as 3 600 gevalle wat in die laaste kwartaal aangemeld is.

    Volgens SAPD-statistieke is 3 641 ontvoeringsake in Suid-Afrika tussen April en Junie 2023 aangemeld.

    Gauteng het die meeste gevalle, dan KwaZulu-Natal en Mpumalanga. Die Noord-Kaap en Vrystaat het die laagste aantal gevalle aangeteken. Die gevaarplekke in Gauteng is Vosloorus, Thembisa, Midrand, Protea en Orange Farm.

    In KwaZulu-Natal is die gevaarplekke Umlazi, Inanda, Durban Central, Pinetown en Ntuzuma.

    Belangrike wenke om jouself te beskerm:

    1. Moenie duur juwele of ander items in die openbaar dra nie

    2. Verander jou roetine en die roetes wat jy ry

    3. Moenie met vreemdelinge praat nie

    4. Wees altyd bedag op jou omgewing, veral wanneer jy jou huis verlaat of binnegaan

    5. Beveilig jou huis met elektriese heinings, beligting en CCTV-kamerastelsels

    6. Trek aandag as jy bedreig voel

    Bron:Privaat sekuriteitsmaatskappy waarsku oor toename in ontvoerings in Suid-Afrika (find-it.co.za)

Viewing 1 post (of 1 total)
  • You must be logged in to reply to this topic.