Loving Life TV

Home Forums ⚖️ CRIME INVESTIGATION LIST ⚖️ Prominente figuur doodgeskiet GESKRYF DEUR WANDA OLIVIER

  • This topic is empty.
Viewing 1 post (of 1 total)
  • Author
    Posts
  • #463387
    Nat Quinn
    Keymaster

    MPUMALANGA. – Dr. Ezrom Mathumbu, van Action SA, pastoor, radiopersoonlikheid van Limpopo SABC Munghana Lonene FM en sakeman is Woensdagaand omstreeks 19:30 doodgeskiet.

    Brig. Donald Mdhluli sê die skietinsident het op die R536-pad by Cork Trust, tussen Mkhuhlu en die Kruger Nasionale Park, in die munisipale gebied van Bosbokrand, plaasgevind. Mathumbu is na bewering verskeie kere in sy Toyota GD-6-bakkie, in wat ‘n aanval blyk te wees, getref. Hy is op die toneel dood verklaar. Die oorledene is nie beroof nie en die polisie kon geweerkoeëldoppe op die toneel vind.

    Die motief vir die moord is tans onbekend en daar word na verdagtes gesoek. Enigiemand met relevante inligting van die misdaad wat die polisie in hulle ondersoek kan help, word gevra om na vore te kom.

     

    BRON:Prominente figuur doodgeskiet – Nuusflits

Viewing 1 post (of 1 total)
  • You must be logged in to reply to this topic.