Loving Life TV

Home Forums A SECURITY AND NEWS FORUM R.I.P. OOM SAKKIE

  • This topic is empty.
Viewing 1 post (of 1 total)
  • Author
    Posts
  • #458103
    Nat Quinn
    Keymaster
    My deepest sympathies and condolences to family and friends of OOM SAKKIE…R.I.P.
    May be an image of 1 person, baby and smiling

    Sakkie van der Walt is oorlede.

    Die 68-jarige boer van Elandspruit in eMalahleni  is in die vroeë oggendure in Life Midmed Hospitaal oorlede, drie weke nadat hy erge brandwonde opgedoen het.

    Sakkie van der Walt is in Life Midmed Hospitaal se intensiewe sorgeenheid waar hy vir sy lewe veg.

    Sakkie het, met permissie, op sy plaas gebrand en seker gemaak al die vlamme is dood. Maar ’n smeulende miskoek het opgevlam toe die wind skielik opkom. Hy was vasgekeer en het brandwonde oor 50% van sy lyf opgedoen.

    Hy is na Impungwe Hospitaal gehaas waar hy twee weke spandeer het. Die hospitaal het egter geen brandwondeenheid nie.

    Nadat die familie op Facebook uitgereik het, het ’n weldoener ’n deposito by Life Midmed Hospitaal betaal.

    Daar het dokters onverpoos vir sy lewe geveg.

    “Sy niere het ingegee en hy was op dialise. Sy hartklop was ook onreëlmatig en sy bloeddruk was ook hoog,” het sy stiefseun, Tiaan van der Walt gesê.

    BRON:Brandwond-boer sterf | Witbank News (citizen.co.za)

Viewing 1 post (of 1 total)
  • You must be logged in to reply to this topic.