Loving Life TV

Home Forums ⚖️ CRIME INVESTIGATION LIST ⚖️ R20k beloning steeds vir vind van vermiste Nick Frischke aangebied

  • This topic is empty.
Viewing 1 post (of 1 total)
  • Author
    Posts
  • #430120
    Nat Quinn
    Keymaster

    R20k beloning steeds vir vind van vermiste Nick Frischke aangebied

     

    Lees ook: Staat bou aparte sake teen verdagtes in Nick Frischke-saak

    KAAPSTAD. – Dit is al nege maande vandat die Duitse toeris, Nick Frischke, verdwyn het na hy in Hangberg gaan stap het.

    Frischke het op 14 Februarie verdwyn na hy in Hangberg gaan stap het. Vyf verdagtes is in hegtenis geneem na sy verdwyning toe hulle in besit van ondermeer sy selfoon, ID en rugsak gevind is.

    Frischke se familie het ‘n beloning van R20k aangebied vir enige inligting wat daartoe kan lei dat hy gevind word.

    Sy ma, Jana, het weer verlede week op sosiale media gevra mense moet haar help om Frischke te kry. Sy was in Junie in Kaapstad om DNS aan die polisie te oorhandig om met die saak te help.

    ‘n Polisiewoordvoerder het gesê die saak word nog ondersoek, maar daar is geen nuwe ontwikkelinge op die oomblik nie. Die saak teen die verdagtes is na die streekshof geskuif. Aparte sake word teen die verdagtes gebou.

    Bronne: IOL, Cape Town ETC, Daily Voice

Viewing 1 post (of 1 total)
  • You must be logged in to reply to this topic.