Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermagunie (SANW) sê hy steun luitenant-generaal Peter Ntshavheni Maphaha se opmerkings dat die regering ‘n Mickey Muis-weermag bedryf.
Maphaha was die gasspreker by een van die veertien soldate se begrafnis wat verlede maand in die DRK gedood is, stafsersant Ishmael Molahlehi.
Maphaha het ook gewaarsku dat die land se grense tans nie bewaak word nie en dat dit die inwoners kwesbaar laat.
SANWU se hoofsekretaris, Pikkie Greef het in reaksie hierop gesê dat mense nie altyd hou van wat hulle hoor nie, maar dat dit diegene is wat vir die stand van sake verantwoordelik is.
Greef sê dat dit hoofsaaklik politici is wat moet verantwoordlikheid aanvaar aangesien dit hulle is wat die begrotings bepaal en besnoei.
bron:“Regering bedryf ‘n Mickey Muis-weermag” | Pretoria FM