Kobus Hoffman, VF Plus-LPW in Gauteng, het in ’n verklaring bevestig dat ʼn VF Plus-wetgewerlid in Gauteng gistermiddag bykans deel van die land se misdaadstatistiek geword het toe swaar gewapende rowers op hom en ʼn party-personeellid geskiet het.
Kobus Hoffman en Pierre Wheeler was in hul kantoor in Lochstraat in Meyerton toe hulle mense om hulp hoor roep vanuit ʼn aangrensende gebou.
Hulle het na die gebou gehardloop waar sowat ses rowers besig was om ʼn juwelierswinkel te beroof.
ʼn Skietery het tussen die rowers en die VF Plus-lede ontstaan waarna die rowers met 600 silwer ringe en goue kettings in ʼn wit Mercedes-Benz gevlug het.
Hoffman is lid van die portefeulje gemeenskapsveiligheid in die Gautengse wetgewer.
Die rowers is steeds op vrye voete.