Loving Life TV

SECOND FARM ATTACK THIS WEEK IN NORTHWEST CLAIMS FARMERS LIFE-DEC 8

Home Forums ATTACKS AND MURDERS ON OUR SOUTH AFRICAN FARMERS. SECOND FARM ATTACK THIS WEEK IN NORTHWEST CLAIMS FARMERS LIFE-DEC 8

  • This topic is empty.
Viewing 1 post (of 1 total)
  • Author
    Posts
  • #431500
    Nat Quinn
    Keymaster

    Die DA in die Noordwes-provinsie sĂȘ hy veroordeel die moord op Arrie Smit en die aanval op sy vrou, Riekie Smit, vanoggend om 03:15 op ’n kleinhoewe in Schweizer-Reneke.

    Volgens die DA-LP, en kiesafdelingshoof in die Mamusa-plaaslike munisipaliteit, Carin Visser is dit die tweede plaasaanval in Noordwes dié week.

    Visser sĂȘ voorlopige inligting wys daarop dat twee verdagtes glo vanoggend toegang tot Smit se huis gekry het, deur die elektriese heining te knip omdat beurtkrag in werking was. Twee skote is op hom afgevuur.

    Sy vrou kon daarin slaag om die veiligheidsdienste te ontbied. Sy is ongedeerd, maar haar man is op die toneel dood verklaar. In die eerste voorval vroeër die week is skote van buite Banie de Klerk se huis op Lankgewag afgevuur, waarna die verdagtes gevlug het. Hy het geen beserings opgedoen nie.

    “In beide plaasaanvalle is daar slegs skote op die slagoffers afgevuur, maar niks is gesteel nie.” Visser meen die Noordwes-regering se volgehoue ontkenning van die duidelike motivering agter plaasaanvalle is nog ‘n faktor wat ernstige agterdog wek.

    “Die DA sal ‘n PAIA-aansoek by die Noordwes SAPD indien waarin ons die rekords van vanjaar se plaasaanval-ondersoeke versoek, asook hoeveel sake opgelos is. Ons sal ook skriftelike vrae aan die nasionale raad van provinsies en die Noordwes wetgewer voorlĂȘ oor die inisiatiewe wat die regering geneem het om plaasaanvalle in Noordwes te voorkom en watter van daardie inisiatiewe suksesvol was.

    Die brutale aanval op boere en landbou werkers is ‘n verlies vir die hele Suid-Afrika en moet so hanteer word. Die DA sal nie rus totdat die ANC-regering verantwoordelikheid neem vir die veiligheid van boere nie

    nadat ses verdagtes skote op Banie de Klerk afgevuur het van buite sy huis op Lankgewag en toe dadelik gevlug het. Hy het geen beserings opgedoen nie.

     

    BRON Tweede plaasaanval die week in Noordwes eis boer se lewe – Pretoria FM

Viewing 1 post (of 1 total)
  • You must be logged in to reply to this topic.