Loving Life TV

Home Forums ⚖️ CRIME INVESTIGATION LIST ⚖️ Skrywer in hegtenis geneem oor boek met materiaal oor kindermishandeling- Deur Lelanie Swanepoel

  • This topic is empty.
Viewing 1 post (of 1 total)
  • Author
    Posts
  • #464372
    Nat Quinn
    Keymaster

    AUSTRALIЁ. – ’n Australiese skrywer is in hegtenis geneem op aanklagtes dat sy materiaal oor kindermishandeling vervaardig, besit en versprei het oor ’n boek met die titel Daddy’s Little Toy wat sy geskryf het.

    Lauren Tesolin-Mastrosa, wat die skuilnaam Tori Woods gebruik, is in hegtenis geneem na sy ’n boek geskryf het oor ’n 18-jarige meisie wat ’n verhouding het met haar pa se vriend. In haar boek begeer die pa se vriend die meisie vandat sy drie jaar oud was.

    Tesolin-Mastrosa is op sosiale media gepak en van die bevordering van pedofilie beskuldig. Verskeie mense het ‘n klag by die polisie oor haar boek gelê en sy is ná ’n ondersoek in hegtenis geneem.

    Die polisie het beslag gelê op gedrukte kopieë van haar boek in haar die huis om forensies ondersoek te word. GoodReads en Amazon het die boek uit hulle katalogusse verwyder.

    Tesolin-Mastrosa het intussen haar sosialemediarekeninge gesluit. Sy sal op 31 Maart in die hof in Blacktown verskyn.

     

    BRON:Skrywer in hegtenis geneem oor boek met materiaal oor kindermishandeling – Nuusflits

Viewing 1 post (of 1 total)
  • You must be logged in to reply to this topic.