Loving Life TV

Home Forums ATTACKS AND MURDERS ON OUR SOUTH AFRICAN FARMERS. ‘Slegs een moord op ‘n plaaseienaar’ sê polisieministerie na verifikasie DEUR WANDA OLIVIER

  • This topic is empty.
Viewing 1 post (of 1 total)
  • Author
    Posts
  • #463334
    Nat Quinn
    Keymaster

    “Voorlopige bevindinge dui daarop dat van die voorvalle wat gelys is, slegs een moord op ‘n plaaseienaar weerspieël word.”

    Die polisieminister se kantoor sê die misdaadregistrateur van die polisie het die lys van plaasmoorde, soos deur AfriForum verskaf, begin verifieer.

    Kamogelo Mogotsi, woordvoerder van Senzo Mchunu, die polisieminister, sê nadat die amptelike statistieke van die derde kwartaal vrygestel is, is dit met ondergerapporteerde bewerings bevraagteken. Die minister het bewyse van die bewerings versoek, waarna AfriForum die lys verskaf het. Mogotsi sê na die voorlopige verifikasieproses stem die statistiek ooreen met die moord van ‘n enkele plaaseienaar wat in die statistiek weergegee is.

    “Terwyl verifikasieprosesse steeds aan die gang is, is geen bykomende moorde op plaaseienaars geïdentifiseer as wat oorspronklik deur die SAPD gerapporteer is nie. Verdere opdaterings sal verskaf word sodra die volledige verifikasieproses voltooi is.”

    Mogotsi sê voorts die SAPD bly tot deursigtigheid en akkuraatheid in misdaadverslaggewing verbind en doen ‘n beroep op alle belanghebbendes, wat burgerlike organisasies insluit, om saam te werk om te verseker dat misdaadstatistieke op verifieerbare feite gebaseer is.

    “Wetstoepassingsagentskappe gaan voort om misdade wat alle gemeenskappe raak, insluitend dié in landelike en boerderygebiede, met die erns wat hulle verdien, aan te spreek. Die ministerie bevestig verder sy verbintenis tot die bekamping van geweldsmisdaad en die verbetering van veiligheid vir alle Suid-Afrikaners. Die SAPD sal voortgaan om met alle belanghebbende partye te skakel om misdaadvoorkomingspogings te verbeter en te verseker dat statistiese verslagdoening betroubaar en geloofwaardig bly.

     

    SOURCE:‘Slegs een moord op ‘n plaaseienaar’ sê polisieministerie na verifikasie – Nuusflits

Viewing 1 post (of 1 total)
  • You must be logged in to reply to this topic.