Die beskuldigde in die moord op ’n ma van Alberton en haar seuntjie (9) gaan homself in die hof verdedig en wil nie om borgtog aansoek doen nie. Pardon Danhire (37), ’n boorling van Zimbabwe, word van die moord op Nadine Terblanche (32) en haar seuntjie, Ruandré (9), aangekla.