Die derde grootste Geloftediens in die geskiedenis van die Voortrekkermonument het gister plaasgevind toe nagenoeg 32 000 mense by die monument saamgekom het.
Met die inwyding van die monument in 1949 het 250 000 mense die verrigtinge bygewoon, terwyl die tweede grootste samekoms met die 150-jaar-herdenking van die Groot Trek in 1988 gevier is.
Die besturende direkteur van die Voortrekkermonument, dr. Danie Langner het tydens die verrigtinge gesê dat dit uiters belangrik is dat die diens steeds elke jaar bygewoon word.
“Afrikaners is steeds hier omdat ons deur hierdie dag getuig dat in tye van nood, in tye van lewensgevaar en bedreiging, kom ons saam om ons voor die Here te verootmoedig. Ons weet dat dit die Here alleen is wat ons kan red,” sê Langner.
Volgens Langner is die gelofte op altesame 279 plekke oor Suid-Afrika heen gevier, en in 24 lande wat op ses van die sewe kontinente is.
SOURCE:Derde grootste Geloftedag in VTM-geskiedenis – Pretoria FM