VRYSTAAT. – Die liggame van ‘n man (61), sy vrou (41) en hulle jong seun (5) se liggame is Dinsdag in ‘n plas bloed in hulle huis in Makwane ontdek. Die twee volwassenes is glo doodgeskiet en die jong seun is met ‘n tuinvurk gesteek. Vier verdagtes is vasgetrek.
AO Mmako Mophiring sê gemeenskapspatrollielede het agterdogtig geraak toe hulle ‘n voertuig met jong insittendes by ‘n braaiplek opmerk en die eienaar van die voertuig nie by hulle was nie.
Tyens ondervraging is gevind die bestuurder van die voertuig (16) is die eienaar van die voertuig se stiefseun.
Die polisie is in kennis gestel en die drie oorledenes – die tiener se stiefpa, ma en halfbroer – se liggame is in hulle huis in ‘n plas bloed gevind.
Die motief vir die moorde is onbekend. ‘n Polisie-ondersoek na die moorde sluit ook die besit van ‘n ongelisensieeerde vuurwapen en ammunisie in.
Vier van die verdagtes wat van die moorde verdink word, is deur die polisie en gemeenskap in hegtenis geneem, terwyl nog ‘n verdagte steeds op vrye voet is.
Die oorledenes moet eers formeel uitgeken word alvorens hulle identiteite bekend gemaak kan word.
SOURCE:Drie van gesin dood in plas bloed ontdek (find-it.co.za)