Loving Life TV

Home Forums ⚖️ CRIME INVESTIGATION LIST ⚖️ Twee broers borg geweier na plaasaanval Deur Wanda Olivier

  • This topic is empty.
Viewing 1 post (of 1 total)
  • Author
    Posts
  • #461077
    Nat Quinn
    Keymaster

    OOS-KAAP. – Thobani Myendeki (37) en Andile Welcome Myendeni (46), twee broers, wat teregstaan op verskeie aanklagte betreffende ‘n plaasaanval, se borg is deur die hof geweier nadat Graham (77) en Anne Stanton (71) op 23 Desember 2024 op ‘n plaas in Wingston, naby Chintsa, aangeval is.

    Luxolo Tyali, woordvoerder vir die NVG, sê op die betrokke dag het drie vermomde verdagtes gewapen met ‘n pistool, ‘n mes, ‘n boutsnyer en ‘n breekyster eers vir Brayden Combrink (23), ‘n plaaswerker, en Marilize Combrink, (51) sy ma, beroof. Tydens die roof het een van die aanvallers glo ‘n mes teen Marilize se been gedruk in ‘n poging om haar seksueel aan te rand. Hy is egter deur die ander aanvallers onderbreek. Daarna is die verdagtes na die hoofhuis van die Stantons waar hulle na bewering geld en kluissleutels geëis het. Die verdagtes het met goedere van ongeveer R250 000 van die toneel gevlug. Dit sluit ou munte, bankkaarte, ‘n televisie, ‘n geweer, ammunisie, selfone, ‘n jagmes, ‘n baadjie en ‘n motor in.

    Na die aanval het die bejaarde egpaar se dogter die verdagtes se ligging deur haar selfoon na haar ma se selfoon opgespoor. Die polisie en Groen Skerpioene-gemeenskapsforum het die twee broers gearresteer, terwyl nog ‘n verdagte op vrye voet is. Thobani is in die been geskiet. Die gesteelde goedere is opgespoor.

    Die verdagtes staan op aanklagte van roof met verswarende omstandighede, die onwettige besit van ‘n vuurwapen, die onwettige besit van ammunisie, poging tot moord en poging tot seksuele aanranding tereg.

    Tyali sê die verdagte broers se vanne verskil vanweë ‘n fout deur Binnelandse Sake. Die saak is tot 5 Maart uitgestel.

     

    BRON:https://nuusflits.com/twee-broers-borg-geweier-na-plaasaanval/

Viewing 1 post (of 1 total)
  • You must be logged in to reply to this topic.