‘n Verdagte (31) is gister doodgeskiet in KwaCaluza in Pietermaritzburg tydens sy inhegtenisneming na die roof van ‘n apteek.
Vier verdagtes is in hegtenis geneem en sal Maandag in die Pietermartizburg-landdroshof verskyn.
‘n Polisiebeampte was op 24 Julie in ‘n apteek in die Pietermaritzburg-sakekern toe onbekende gewapende mans die apteek binnegaan het om dit na bewering te beroof. ‘n Onbekende bedrag geld is gesteel en die polisiebeampte se vuurwapen, beursie en selfoon is gesteel.
‘n Verdagte wat glo bestuur het, is dieselfde aand in hegtenis geneem. Die polisie het inligting ontvang oor nog ‘n verdagte wat gister tydens inhegtenisneming op hulle geskiet het en self in die proses doodgeskiet is. ‘n Pistool en die polisiebeampte se besittings is teruggevind.
Die verdagtes word aangekla van sakeroof, poging tot moord en die onwettige besit van ‘n vuurwapen en ammunisie.
Bronne: SAPS
source:Verdagte doodgeskiet tydens inhegtenisneming – FiND iT (find-it.co.za)