Chanel du Toit (28) se lewelose liggaam is op 7 Julie 2010, nakend en verwurg in haar huis op ‘n wynlandgoed in Franschhoek in die Wes-Kaap deur haar skoonma gevind.
Woman For Change sê Johan du Toit, haar man met wie sy tydens haar dood slegs ‘n jaar getroud was, is nege dae na haar dood in hegtenis geneem en vir haar moord aangekla.
Hy het volgens WFC beweer dat ‘n indringer haar net nadat hy die huis verlaat het om op ‘n jagtog te gaan, vermoor het. Weke na Du Toit se inhegtenisneming het hy onskuldig op haar moord gepleit en is hy op borgtog van R6 000 vrygelaat.
Daar word beweer dat hy haar glo sou verwurg het. ‘n Nadoodse ondersoek het aangedui dat sy vir meer as 10 minute om haar lewe geveg het.
Haar moordverhoor is sedert 2010 in die hof en uitspraak in die saak sal glo 13 jaar na die gru-moord, in Augustus 2023, gemaak word.
source:Uitspraak na vrou se moord 13 jaar later steeds afgewag – FiND iT Uitspraak na vrou se moord 13 jaar later afgewag (find-it.co.za)
.