Loving Life TV

VERKIESINGSWYSIGINGSWET NIÉ ONGRONDWETLIK

Home Forums A SECURITY AND NEWS FORUM VERKIESINGSWYSIGINGSWET NIÉ ONGRONDWETLIK

  • This topic is empty.
Viewing 1 post (of 1 total)
  • Author
    Posts
  • #430807
    Nat Quinn
    Keymaster

    Die Grondwethof het die aansoek van die Onafhanklike Kandidatevereniging, die ICA, om die Verkiesingswysigingswet ongrondwetlik te laat verklaar, van die hand gewys.

    Dié wet – wat in April vanjaar deur die Parlement goedgekeur is – laat onafhanklike kandidate toe om in verkiesings te staan, maar hulle kan slegs vir 200 setels in die Nasionale Vergadering meeding, terwyl die oorblywende 200 setels vir politieke partykandidate gereserveer is.

    Die ICA het aangevoer dat die wet ongrondwetlik is aangesien dit die deelname van onafhanklike kandidate aan die verkiesings – en hul verteenwoordiging in die Nasionale Vergadering – beperk.

    In die uitspraak – wat deur regter Nonkosi Mhlantla gelewer is – het die land se hoogste hof beslis dat die beperkings op onafhanklike kandidate rasioneel verbind is met die wettige doel om partygebaseerde verteenwoordiging in die Nasionale Vergadering te bevorder.

     

    BRON:Verkiesingswysigingswet nié ongrondwetlik – Pretoria FM

Viewing 1 post (of 1 total)
  • You must be logged in to reply to this topic.