Loving Life TV

Home Forums ATTACKS AND MURDERS ON OUR SOUTH AFRICAN FARMERS. Werkers vir plaasmoord gevonnis-MOORD VAN DEON DE BRUYN

  • This topic is empty.
Viewing 1 post (of 1 total)
  • Author
    Posts
  • #386223
    Nat Quinn
    Keymaster
    Die sewe mans wat skuldig bevind is aan die moord op Deon de Bruyn, ʼn boer van Komatipoort in Mpumalanga, en aan poging tot moord op Estelle Jansen, is Dinsdag lang tronkstraf deur die hooggeregshof in dié provinsie opgelê.
    Sifiso Happy Madonsela, Solomon Msimango, Raul Mhlanga, Derrick Makamo, Oscar Johannes Chauke, Andy Hendry Mahonga en Fannie Mandla Mkhabela is ook skuldig bevind aan roof met verswarende omstandighede, ontvoering, die onwettige besit van ʼn vuurwapen en die rig van ʼn vuurwapen.
    Volgens Monica Nyuswa, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), is Madonsela, Msimango, Mhlanga, Makamo, Chauke en Mahonga elkeen tot 15 jaar direkte tronkstraf gevonnis, terwyl Mkhabela lewenslange tronkstraf moet uitdien.
    De Bruyn is op 17 Junie 2018 op ʼn plaas naby Komatipoort, Mpumalanga, doodgeskiet.
    Jansen, wat vir hom soos ʼn “tweede ma” was, is drie keer geskiet, maar het die voorval oorleef. De Bruyn het saam met Jansen op die plaas Simonsvlei met suikerriet, mango’s en groente geboer. Hy is tydens die aanval net bokant die hart geskiet en is op die toneel dood.
    Die moordenaars was almal seisoenwerkers wat soms algemene werk op die plaas verrig het.
    Die saak is keer op keer om verskeie redes uitgestel en die Covid-19-pandemie het die hofsaak verder vertraag. Die moordenaars het tydens die uitgerekte verhoor onskuldig gepleit, maar is onder meer op grond van betroubare staatsgetuies se getuienisse skuldig bevind. Een getuie het onder meer bevestig dat die moordenaars hom op die dag van die moord genader en ʼn saamgerygeleentheid na die plaas aangebied het.
    Nyuswa sê die getuienisse is verder versterk deur die oorlewende slagoffer, Jansen, se eie getuienis oor die verdagtes en die verloop van gebeure.
    Die NVG het die vonnisse verwelkom en sê hulle hoop dit sal ander misdadigers afskrik om dieselfde misdade te pleeg.

    Deel van: SA-nuus
    Deon de Bruyn In die nuus

    https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/werkers-vir-plaasmoord-gevonnis/

Viewing 1 post (of 1 total)
  • You must be logged in to reply to this topic.