Home › Forums › VACCINE INJURIES AND INFORMATION › EKSKLUSIEF | 232 SA’ners dood wat ’n Covid-entstof ontvang
- This topic is empty.
Viewing 1 post (of 1 total)
-
AuthorPosts
-
2023-02-08 at 17:54 #392544Nat QuinnKeymaster
Ná druk van AfriNUUS oor die aantal mense wat dood is weens ernstige nadelige gebeurtenisse na immunisering (AEFI’s), is die data amptelik deur die Suid-Afrikaanse Gesondheidsproduktebeheerraad (Sahpra) aan AfriNUUS bevestig.
“Vanaf 17 Mei 2021 tot 30 November 2022 is 37 523 370 COVID-19-entstofdosisse in Suid-Afrika toegedien,” lui statistieke deur Sahpra. “Vir hierdie tydperk het Saphra en die ondersoekkomitee oor entstofveiligheid (Nisec) 232 verslae van sterftes (0,00062%) ontvang onder mense wat Covid-19-entstowwe ontvang het”
Daar is in Suid-Afrika ook navorsing gedoen oor mense wat ernstige nadelige effekte aangemeld het. Ernstige AEFI’s is uiters skaars vir Covid-19-entstowwe.
Nisec, wat ’n groep kundiges is wat deur die Minister van Gesondheid aangestel is, ondersoek inligting wat beskikbaar is soos verduidelik is onder Oorsaaklikheidsbepaling (meer inligting hieronder).
Nie-ernstige AEFI’s verdwyn gewoonlik binne ’n paar dae met minimale mediese ingryping, en sonder enige langdurige newe-effekte.
’n AEFI word as ernstig beskou as:
-
dit ’n mediese noodsaaklike gebeurtenis is;
-
dit hospitalisasie of ‘n verlengde periode in ’n hospitaal vereis;
-
dit lewensgevaarlik is;
-
dit ’n aangebore anomalie/geboortedefek veroorsaak; en
-
dit tot die dood lei.
Ernstige AEFI’s-statistieke:
-
Vanaf 17 Mei 2021 tot 30 November 2022 is 37 523 370 COVID-19-entstofdosisse in Suid-Afrika toegedien;
-
Vir hierdie tydperk het Saphra en Nisec 232 verslae van sterftes (0,00062%) ontvang onder mense wat Covid-19-entstowwe ontvang het;
-
38 sake word ondersoek; en
-
194 is ondersoek en kousaliteit beoordeel.
Uitkoms van Oorsaaklikheidsbepaling:
-
Daar is gevind dat 162 gevalle toevallig was, waarvan 94 Covid-19-siekte aangemeld is en 2 gevalle deurbraakinfeksies was; en
-
30 gevalle kon nie geklassifiseer word nie weens onvoldoende inligting.
EKSKLUSIEF | 232 SA’ners dood wat ’n Covid-entstof ontvang (afrinuus.com)
-
-
AuthorPosts
Viewing 1 post (of 1 total)
- You must be logged in to reply to this topic.