Loving Life TV

EKSKLUSIEF | 232 SA’ners dood wat ’n Covid-entstof ontvang

Home Forums VACCINE INJURIES AND INFORMATION EKSKLUSIEF | 232 SA’ners dood wat ’n Covid-entstof ontvang

  • This topic is empty.
Viewing 1 post (of 1 total)
  • Author
    Posts
  • #392544
    Nat Quinn
    Keymaster
    Ná druk van AfriNUUS oor die aantal mense wat dood is weens ernstige nadelige gebeurtenisse na immunisering (AEFI’s), is die data amptelik deur die Suid-Afrikaanse Gesondheidsproduktebeheerraad (Sahpra) aan AfriNUUS bevestig.
    “Vanaf 17 Mei 2021 tot 30 November 2022 is 37 523 370 COVID-19-entstofdosisse in Suid-Afrika toegedien,” lui statistieke deur Sahpra. “Vir hierdie tydperk het Saphra en die ondersoekkomitee oor entstofveiligheid (Nisec) 232 verslae van sterftes (0,00062%) ontvang onder mense wat Covid-19-entstowwe ontvang het”
    Daar is in Suid-Afrika ook navorsing gedoen oor mense wat ernstige nadelige effekte aangemeld het. Ernstige AEFI’s is uiters skaars vir Covid-19-entstowwe.
    Nisec, wat ’n groep kundiges is wat deur die Minister van Gesondheid aangestel is, ondersoek inligting wat beskikbaar is soos verduidelik is onder Oorsaaklikheidsbepaling (meer inligting hieronder).
    Nie-ernstige AEFI’s verdwyn gewoonlik binne ’n paar dae met minimale mediese ingryping, en sonder enige langdurige newe-effekte.
    ’n AEFI word as ernstig beskou as:
    • dit ’n mediese noodsaaklike gebeurtenis is;
    • dit hospitalisasie of ‘n verlengde periode in ’n hospitaal vereis;
    • dit lewensgevaarlik is;
    • dit ’n aangebore anomalie/geboortedefek veroorsaak; en
    • dit tot die dood lei.
    Ernstige AEFI’s-statistieke:
    • Vanaf 17 Mei 2021 tot 30 November 2022 is 37 523 370 COVID-19-entstofdosisse in Suid-Afrika toegedien;
    • Vir hierdie tydperk het Saphra en Nisec 232 verslae van sterftes (0,00062%) ontvang onder mense wat Covid-19-entstowwe ontvang het;
    • 38 sake word ondersoek; en
    • 194 is ondersoek en kousaliteit beoordeel.
    Uitkoms van Oorsaaklikheidsbepaling:
    • Daar is gevind dat 162 gevalle toevallig was, waarvan 94 Covid-19-siekte aangemeld is en 2 gevalle deurbraakinfeksies was; en
    • 30 gevalle kon nie geklassifiseer word nie weens onvoldoende inligting.

    EKSKLUSIEF | 232 SA’ners dood wat ’n Covid-entstof ontvang (afrinuus.com)

     

Viewing 1 post (of 1 total)
  • You must be logged in to reply to this topic.