Die Orania Beweging se Helpsaamfonds kon verlede jaar meer as R800 000 uitkeer om ons mense te help. Behoeftige kinders se skoolgelde is betaal, bejaardes is gehelp met sorg, Orania se maatskaplike instellings is ondersteun, en beleggings is gemaak in bekostigbare behuising. Dit alles is ‘n belegging in ons mense, ‘n volhoubare ontwikkeling van ons mense se talent en langtermyn ondersteuning aan behoeftiges.
Dankie aan elke persoon wat bygedra het hiertoe! Elke Orania Beweginglid wat ook tot die Helpsaamfonds bydra maak dit vir ons moontlik om behoeftiges te ondersteun.
Die Orania Beweging se span sal u in die komende weke bel om seker te maak al u inligting op ons stelsel op datum is, en te hoor of u sou belangstel om van hierdie Helpsaamfonds inisiatiewe te ondersteun. Gesels gerus met ons, indien dit geleë is!
As alternatief kan u ‘n e-pos stuur na joost@orania.co.za of ‘n WhatsApp na 079 194 8247.