Loving Life TV

380 kg kokaïne by Durban Hawe onderskep

Home Forums A SECURITY AND NEWS FORUM 380 kg kokaïne by Durban Hawe onderskep

  • This topic is empty.
Viewing 1 post (of 1 total)
  • Author
    Posts
  • #394932
    Nat Quinn
    Keymaster
    ‘n Totaal van 380 kg kokaïne met ‘n geraamde straatwaarde van R171 miljoen is vanoggend deur ‘n multidissiplinêre span van die polisie op ‘n skip in Durban Hawe onderskep voor dit die land kon binnekom
    Brig. Athlenda Mathe, polisiewoordvoerder, sê polisie het inligting ontvang wat opgevolg is.
    Inligting is ontvang oor die skip wat Donderdag 23 Februarie 2023 vanaf Suid-Amerika die land sou binnekom.
    Met die inligting is ‘n operasie van stapel gestuur wat polisie, SAID en honde-eenheid insluit.
    Die skip is geïdentifiseer en die houer vanoggend onderskep. Daar is op 12 sakke dwelms beslag gelê
    Geen arrestasies is gemaak nie en die ondersoek om die oorsprong van die dwelms vas te stel is aan die gang.
    Lt.genl. Mosikili, die waarnemende adjunk polisiekommissaris, het die volgende boodskap gehad: “Well done to all teams involved including our Transnational Drug Trafficking investigations unit. This should send a stern warning to all drug traffickers utilising our harbours that South Africa continues to intensify its efforts to dismantle and disrupt the global drug trafficking trade.”

     

     

Viewing 1 post (of 1 total)
  • You must be logged in to reply to this topic.