Loving Life TV

Aktivis oorhandig memorandum oor plaasmoorde aan Bheki Cele tydens Brits-optog-PETRUS SITHO

Home Forums PPS STOP FARM MURDERS Aktivis oorhandig memorandum oor plaasmoorde aan Bheki Cele tydens Brits-optog-PETRUS SITHO

  • This topic is empty.
Viewing 1 post (of 1 total)
  • Author
    Posts
  • #423899
    Nat Quinn
    Keymaster

    NOORDWES. – Petrus Phakamile Sitho, ‘n aktivis teen plaasmoorde, het so ‘n rukkie gelede ‘n memorandum namens die Brits Stock Farmers Association aan genl. Bheki Cele, die minister van polisie, en lt.genl. Sello Kwena, die provinsiale polisiekommissaris in Noordwes, oorhandig, met eise om die polisie se fokus en hulpmiddele na plaasmoorde te verskuif.

    Sitho het in ‘n sosialemediaplasing gesê daar word tydens die vreedsame optog beter hulpmiddele vir die polisie op Brits om aandag aan die gemeenskap en plaasmoorde te skenk, geeïs.

    Die optoggangers het om 09:00 by die Cusco-busstaanplek bymekaargekom en daarna na die polisiestasie beweeg.

    Die SAPD en metropolisie het die optog gemonitor en hulp verleen ten opsigte van paaie wat deur die optog geraak is.

    Kol. Adéle Myburgh sê die aktiviste is gewillig om saam met die polisie in die geveg teen plaasmoorde te werk.

    Cele het aan die optoggangers gesê die veiligheid en sekuriteit van landelike plaasgemeenskappe bly ‘n prioriteit van die polisie.

    Deur die Nasionale Landelike Veiligheidstrategie (NRSS)) sal daaglikse polisiëring van landelike polisiestasies voortgaan om landelike veiligheid deur middel van ‘n multidissiplinêre benadering met verskeie rolspelers aan te spreek. Die hoofdoel is om die veiligheid en sekuriteit vir persone wat op plase bly en hul werkers aan te spreek.

    “The National Rural Safety strategy in place amongst other things emphasizes the involvement of community structures such as the CPF, working together with the SAPS for better results and sharing of resources, especially as many rural stations are dealing with personnel and resource challenges.”

    Sitho het met ‘n sosialemediaplasing aangekondig dat die minister van polisie tydens die optog teenwoordig sal wees en het boere en hul werkers van al nege provinsies in die land aangemoedig om aan die optog deel te neem.

    Lees sy plasing hier onder:

    MINISTER OF POLICE BHEKI CELE IS COMING, 10TH OF OCTOBER 2023, BRITS NORTH WEST, PEACEFUL PROTEST, STOP FARM MURDER’S.

    WE PLEAD TO ALL FARMERS AND FARM WORKER’S COME BY NUMBERS. ALL 9 PROVINCE OF SOUTH AFRICA WILL BE THERE ON THAT DATE.

    STOP PLAASMOORDE

    GENOEG IS GENOEG

    NO FARMER

    NO FOOD

    NO FUTURE

    PETRUS

    Bronne: SAPD en Petrus Sitho

Viewing 1 post (of 1 total)
  • You must be logged in to reply to this topic.