Loving Life TV

André Pienaar enjoys his freedom, says Willem Petzer

Home Forums ATTACKS AND MURDERS ON OUR SOUTH AFRICAN FARMERS. André Pienaar enjoys his freedom, says Willem Petzer

  • This topic is empty.
Viewing 1 post (of 1 total)
  • Author
    Posts
  • #394213
    Nat Quinn
    Keymaster
    Die boer van Senekal wat tien maande agter tralies deurgebring het na die protesoptogte in Senekal in 2020, geniet sy vryheid, sê Willem Petzer, aktivis teen plaasmoorde, wat vandag by hom gaan kuier het.
    André Pienaar is op 24 Maart verlede jaar tot 10 maande tronkstraf gevonnis nadat hy ‘n pleitooreenkoms met die staat aangegaan het.
    “Die gedagte wat heeltyd by my posgevat het terwyl ek met hom gesels het en sy ondervinding in die tronk, was dat ons met ‘n land vol aartskriminele sit wat vry rondloop,” sê Petzer. “André het mense “opgesweep” en daarvoor moes hy 10 maande sit. Dit is ons plig om elke dag te veg dat die ware kriminele sit waar hulle hoort, sodat reg en regverdigheid sal seevier.”
    “Maar, verder is dit ook ons plig om mense soos André en sy familie te help in tye soos die een wat hy deur is.
    “Dit was werklik vir my ‘n reuse eer en ‘n voorreg gewees om sy gesin te kon bystaan, tot sover dit in my vermoë was in hierdie tyd. Selfs al was dit soms moeilik en emosioneel en geestelik uitputtend.
    Petzer het in die tyd wat Pienaar in die tronk was, ‘n hulpfonds gestig om Pienaar se gesin te ondersteun en by te staan.
    Petzer deel ook foto’s van oulike modelkarretjies gedeel wat Pienaar in die tronk gemaak het.
Viewing 1 post (of 1 total)
  • You must be logged in to reply to this topic.