Loving Life TV

Beseerde boer onder trekker uit gered

Home Forums A SECURITY AND NEWS FORUM Beseerde boer onder trekker uit gered

  • This topic is empty.
Viewing 1 post (of 1 total)
  • Author
    Posts
  • #422611
    Nat Quinn
    Keymaster

    WES-KAAP. – Toe ‘n boer van die Paarl Saterdagmiddag onder ‘n trekker vasgekeer was, het Drakenstein Farm Watch bewys samewerking tussen hulle en nooddiensspanne kan lewens red.

    Daan van Leeuwen Boomkamp sê ‘n noodroep is net na 17:00 van die beseerde boer se vrou ontvang. ‘n Trekker het in modder langs ‘n dam omgekantel en haar man vasgepen.

    Volgens die boer se vrou het die trekker verder in die modder gesink, wat meer druk op haar man se ernstig beseerde liggaam gesit het.

    Alle noodrolspelers is dadelik deur die plaaswag ontbied.

    Op die toneel is die boer, wie se regterarm onder die trekker tussen metaal vasgedruk was, deur lede van die plaaswag wat in noodhulp opgelei is, bygestaan. Terwyl hulle hom kalm gehou en sy mediese toestand dopgehou het, het ander die trekker ondersteun om nie verder in die modder weg te sak en die boer sodoende verder te beseer nie.

    Die res van die spanne teenwoordig het die reddingspoging beplan. ‘n Hyskraan wat die trekker gekeer het om verder bo-op die beseerde in die modder weg te sink, kon deur die Drakenstein Farm Watch-netwerk bekom word.

    Die boer is deur spanwerk onder die trekker uit gered en is vir verdere mediese behandeling na ‘n hospitaal vervoer.

    “Again, the emergency network of the DFW has proven its value, as matters could have turned out bad very quickly. We pray and trust that the injured person makes a full recovery. A special thank you, should be to our German friend and EMT specialist from Frankfurt on Main Jonas Drueck from Fire station 30, who assisted voluntarily and with great skills and determination. The DFW Fire and Rescue volunteers gave it their best , including all other entities that assisted, and we say thank you to our Fire and Emergency Responders: Manuel Farmer, Anthea Carlse, Tessa van Leeuwen Boomkamp, Kobus van Staden, Jos de Vast, Deon Lynch, Hylde Lynch, Ruan Alberts. Volunteers: Francois de Manielle, Jaco Vergotine. The DFW is a non profit volunteer driven private Fire and Rescue entity, running a complete Fire response and Rescue operation. Just under 200 farms and quite some security Estates are already members and connected to the DFW emergency network. We urge all to sign up as members, and be connected to the emergency network, and not wait for a disaster to strike first. Every minute is precious when we are dealing with someone’s life or property.”

    Foto’s Drakenstein Farm Watch

     

    source:Beseerde boer onder trekker uit gered (find-it.co.za)

Viewing 1 post (of 1 total)
  • You must be logged in to reply to this topic.