Loving Life TV

Beweerde kindermoordenaar Daniel Smit weer in die hof

Home Forums ⚖️ CRIME INVESTIGATION LIST ⚖️ Beweerde kindermoordenaar Daniel Smit weer in die hof

  • This topic is empty.
Viewing 1 post (of 1 total)
  • Author
    Posts
  • #419381
    Nat Quinn
    Keymaster

    KLAWER. – Daniel Smit (58), die beweerde kindermoordenaar, sal vandag in die Klawer-landdroshof verskyn na hy vir 30 dae psigiatriese evaluasie by die Valkenberg- psigiatriese hospitaal ondergaan het.

    Smit word beskuldig van die ontvoering van en moord op Jerobejin van Wyk (13) wat glo mango’s by sy huis gesteel het. Hy word ook aangekla van aanranding met die doel om ernstig te beseer, asook van regsverydeling.
     
    Jerobejin se oorskot is in ’n septiese tenk op Smit se eiendom gekry en is deur die gebruik van DNS identifiseer. Dit is op 16 Februarie gekry na Jerobejin op 2 Februarie 2022 verdwyn het. Smit het verlede jaar deur sy prokureur erken hy het Jerobejin doodgemaak.

    Hy het gesê hy het hom doodgemaak, want hy is “siek en moeg vir diefstal, bedelaars en disrespek in sy gemeenskap”.

     

    source:Beweerde kindermoordenaar Daniel Smit weer in die hof (find-it.co.za)

Viewing 1 post (of 1 total)
  • You must be logged in to reply to this topic.