Roux Steenkamp (30), die boer wat met ‘n Eksom-kragkabel geskok het, se lewe is in gevaar.
Volgens Burre Burger was Roux Woensdagaand weer in die waakeenheid (ICU) na ‘n operasie. Hy is ook op ‘n ventilator.
“Roux se lewe is tans in gevaar. Ons moet asb. baie bid en op ons knieë bly! Die krag van gebed! Kom ons word almal stil,” lui Burre se boodskap.
Steenkamp het op 3 November by ‘n Eskom-aansluitingkragkabel geskok toe 22 000 volt deur sy liggaam is. Sy ongeluk word as ‘n fratsongeluk beskryf.
Sy vrou, Enja, is 21 weke swanger met die egpaar se eersteling.
Boer wat skok met kragkabel se lewe in gevaar (find-it.co.za)