Loving Life TV

Brendin Horner, ons vir jou!

Home Forums ATTACKS AND MURDERS ON OUR SOUTH AFRICAN FARMERS. Brendin Horner, ons vir jou!

  • This topic is empty.
Viewing 1 post (of 1 total)
  • Author
    Posts
  • #872
    Nat Quinn
    Keymaster

    Die vermoorde Brendin Horner het gereeld by die Baberspan Oord tussen Delareyville en Sannieshof gekuier en visgevang. Vandag was dit die bymekaarkomplek vir ‘n groep mense wat hulde gebring het aan die jong plaasmoord-slagoffer wat die meeste van sy grootwordjare by dié pan deurgebring het.

    Hierdie vakansieoord was ook die plek waar dieselfde groep mense in die leed van die geliefde jongman se ouers, Robbie en Mietjie, kon deel. Horner was vandag presies twee jare gelede wreed vermoor.
    Die 21-jarige Horner se moord het die burgers van ons land stom gelaat. Sy moord was nie net nóg ‘n plaasmoord nie. Dit was van só ‘n aard dat die wreedheid van die moordenaars vir ewig in sy pa se geheue geëets sal bly.
    Groepe van die mense wat vandag hier bymekaar gekom het, het reeds gister begin arriveer en oorgeslaap.
    ‘n Standbeeld, ter ere van Horner, is deur die Brendin Horner stigting opgerig en is bevonds deur Louis Liebenberg, ‘n bekende sakeman van Bronkhorstbaai.


    Groepe mense het reeds vanaf net na 10:00 langs die wal van die reuse pan bymekaargekom, waar die standbeeld – wat steeds in ‘n groot swart doek toegedraai was – later onthul sou word.
    Daar was groot belangstelling onder die mense in die twee kruise wat weerskante van die standbeeld staan gemaak is, asook ‘n hele ry wapperende vlae met die bewoording ‘Brendin Horner, ons vir jou’, maar meeste het getalm by die wavrag pette wat langs die voetenent van die toegegooide standbeeld neergelê was.

    Ná die moord op Horner het Johan Breytenbach ‘n eerste pet aan die draad vasgemaak langs die paal waar die jong man se lyk deur sy pa en kollega gevind is. Hierdie enkel kepsie het vinnig gegroei na meer as 400, wat deur emosionele mense van regoor die land aan dieselfde draad aangebring is. Die boodskappe op die kepsies wat deur die eienaars daarvan neergesit het, het menige trane in die oë van die lesers oor die afgelope twee dae meegebring.

    ‘n Sterk wind was die hele tyd teenwoordig, so asof dit wou bydra tot die onstuimige gevoel in die gaste en families se harte.
    SJ Duvenhage het die verrigtinge met ‘n warm boodskap geopen. Hý was die een wat Horner se ouers genader het en hulle gevra het of hy ‘n kruis kan oprig op die plek waar hul seun se lyk gevind was. Hy het Horner se ouers belowe dat hy sal sorg dat ‘n standbeeld om hul seun se lewe en onnodige dood te vereer, opgerig sal word. Daardie belofte het vandag vrugte afgegee.

    Die standbeeld, geanker in ‘n dik sementblok, bestaan uit ‘n enorme rots wat spesiaal vanuit Magersfontein aangery is en met ‘n kraan afgelaai is. Die rots se vooraangesig bevat ‘n granietblok met ‘n boodskap geskryf deur Duvenhage. Bo-op die rots is ‘n staal paal met ‘n stuk doringdraad wat daarom gedraai is asook ‘n staal kepsie aan die punt daarvan. Alles is simbolies om die lewe van Horner te gedenk. Die beeldhouer, Jacques Muller, het hierdie pragstuk geskep. Muller was nie vandag self teenwoordig by die gedenkdiens nie, aangesien sy moeder ongesteld is.
    Die standbeeld is deur Basjan Horner, Brendin se broer, en sy twee seuns onthul.


    ‘n Plaaslike dominee, Jaap Steenkamp, het die verrigtinge geopen met ‘n bemoedigende skriflesing en gebed.
    Genl Roland de Vries het tydens sy toespraak beloof dat hulle Horner nou aangeneem het, en dat hy deel van hulle span gaan uitmaak wanneer daar hulde gebring gaan word op ‘n huldeblykdag van die militêre veterane aan die afgestorwenes.


    Nico Smith en die veterane het ‘n vlag gehys in eerbetoning aan die jong Horner.
    SJ het die finale bedankings behartig, waarna Louis Liebenberg aan die woord gekom het.
    Hy was duidelik aangedaan deur die emosionele verrigtinge, en het ‘n bedrag kontant aan Horner se ouers oorhandig, asook ‘n verdere R1 miljoen geskenk aan die Brendin Horner stigting as saadkapitaal vir boere wat sukkel.

    Horner en sy pa het albei op ‘n plaas, Bloukruin, by Paul Roux-distrik in die Vrystaat gewerk. Hy was maar ‘n jaar in diens van die plaaseienaar met die van Scheepers, voordat hy net na 18:00 op 1 Oktober 2020 oorval is. Sy lyk is eers ‘n dag later deur sy pa en ‘n kollega, Jaco Kleingeld, ontdek waar dit vasgebind was teen ‘n paal by ‘n gedeelte getiteld De Rotsplaas, wes van Bethlehem. Hierdie geliefde, hardwerkende jongman het kopbeserings asook beserings aan sy gesig gehad. Daar was ook ‘n tou om sy nek. ‘n Mes wat op Horner se pet gelê het en gelei het tot die grusame vonds, is op die toneel gevind. Sy Toyota Hilux bakkie is later verlate en vol bloed gevind naby Duikfontein, wat naby Paul Roux geleë is. Ondanks ‘n privaatspeurder wat deur die plaaseienaar gehuur is, asook ‘n beloning van R50 000 wat uitgeloof is, is niemand nog skuldig bevind aan sy moord nie.
    Cyril Ramaphosa het in November 2020 in die media ontken dat die moord ‘n ras-gebasserde voorval was.

    Brendin Horner, ons vir jou! – Die Waarheid

     

     

Viewing 1 post (of 1 total)
  • You must be logged in to reply to this topic.