Loving Life TV

Britse egpaar in SA doodgeslaan en vir krokodille gegooi – saak steeds in hof

Home Forums A SECURITY AND NEWS FORUM Britse egpaar in SA doodgeslaan en vir krokodille gegooi – saak steeds in hof

  • This topic is empty.
Viewing 1 post (of 1 total)
  • Author
    Posts
  • #403381
    Nat Quinn
    Keymaster
    Rod Saunders (74) en Rachel Saunders (63), sy vrou, was wêreldbekende plantkundiges. Dr. Rachel Saunders was ‘n mikrobioloog en Rodney ‘n tuinboukundige wat reeds 30 jaar getroud was.
    Hulle het vir ses maande per jaar in afgeleë Suid-Afrikaanse berge deurgebring, waar hulle op soek was na Gladioli-plantsade.
    Op 8 Februarie 2018 het hulle vir ‘n werknemer gesê dat hulle op pad is na die Ngoye-woudreservaat wat noord van Durban geleë is.
    Daar is egter nie weer enigiets van hulle gehoor nie.
    Op 10 Februarie is alarm gemaak, waarna owerhede hulle as “ontvoer” gesoek het.
    Tydens die polisie se ondersoek is drie beskuldigdes, genaamd Sayfudeen Aslam Del Vecchio (41), Bibi Fatima Patel (30) sy vrou en Mussa Ahmed Jackson (35) ‘n Malawiër, van die egpaar se wrede roof en moord beskuldig.
    In die Ngoye-woud is hulle deur die beskuldigdes as teikens gemerk waarna hulle ontvoer en brutaal vermoor is.
    Daar is vasgestel dat kontant ter waarde van R734 000 op 13 Februarie van ‘n OTM onttrek is. Die egpaar se kredietkaarte is ook vir inkope gebruik. Hulle Toyota Land Cruiser en kamptoerusting was ook gesteel.
    Na bewering het die beskuldigdes die Saunders-egpaar tussen 10 en 15 Februarie vermoor.
    Die Valke het die selfone van die oorledenes met selfone van die drie beskuldigdes verbind, waarna hulle in hegtenis geneem is.
    Tydens hul ondersoek is ISIS-pamflette en vlae in hul huis gevind met verskeie inkriminerende boodskappe op hul selfone wat ‘n boodskap op gehad het wat sê dat daar ‘n paar in die woud is wat ‘n “goeie jag” sal maak.
    Jackson het op 23 Maart getuig dat hy na bewering op 10 Februarie deur Patel wakker gemaak is en aangesê is om Del Vecchio op die pad te ontmoet.
    Del Vehcchio was glo in die egpaar se Land Cruiser en Patel en Jackson het hom gevolg na die Tugela -rivierbrug waar hulle hom gehelp het om slaapsakke met die Saunders-egpaar se liggame in die rivier vol krokodille te gooi.
    Op 19 Februarie is die Land Cruiser met bloed, wat later as dr. Saunders se bloed geïdentifiseer is, gevind.
    Hulle erg ontbinde liggame is dae later in die Tugela-rivier naby Eshowe gevind, maar dit het maande geduur om hul erg onbinde liggame deur DNS-toetsing te identifiseer, waarna dit by onopgeëisde liggame wat gestoor was, gevind is.
    Nadoodse ondersoeke is op beide liggame uitgevoer om die oorsaak van hul dood te probeer vasstel.
    ‘n Dokter het aan die hof gesê dat ondersoek van die liggame bewyse van “aasdieraktiwiteit” toon, wat nie die moontlikheid uitsluit dat iets aan hul gevreet het nie.
    ‘n Krokodil is as voorbeeld gebruik omdat daar verlore weefsel aan hul arms, nek en bors was. Sou hul liggame by die rivierbanke gestort gewees het, kon honde en rotte ook aan hul gevreet het, is aangevoer.
    Die oorsaak van hul dood is as stomp-voorwerp-traumabesering geïdentifiseer.
    Die beskuldigdes het die klagtes van ontvoering, moord, roof en diefstal in die Hooggeregshof in Durban ontken.
    Die hofsaak duur voort.

     

    source:Britse egpaar in SA doodgeslaan en vir krokodille gegooi – saak steeds in hof (find-it.co.za)

Viewing 1 post (of 1 total)
  • You must be logged in to reply to this topic.