Loving Life TV

Die Bok En Skaap Nasies Oordeel – Deel 1 – Pieter de Klerk

Home Forums PIETER DE KLERK-OP DIE RADAR Die Bok En Skaap Nasies Oordeel – Deel 1 – Pieter de Klerk

Viewing 1 post (of 1 total)
  • Author
    Posts
  • #399858
    pieterdeklerk
    Moderator

    Ek het onlangs die Kronologie van gebeure geplaas en waar hierdie oorlog inpas. Vandag wil ek die ander 2 bene van Bybelstudie, nl Konteks en Verband behandel

    In Sy profetiese rede vertel Jesus van hierdie oordeel wat op die 2de fase van die Wederkoms volg: Die eerste fase het ek behandel met die Wegraping.

    Die 6 vrae wat bespreek gaan word is.

    1) Wat is die tyd en plek van hierdie oordeel
    2) Wie word geoordeel in hierdie gedeelte
    3) Hoekom word hulle geoordeel
    4) Wie is die “broers en susters” waarna Jesus verwys
    5) Wat is die gevolge van hierdie oordeel
    6) Hoekom haat die wêreld Israel en die Jood

    So, kom ons begin met

    1) Wat is die tyd en plek van hierdie oordeel

    In sy profetiese rede vertel Jesus van hierdie oordeel Matthéüs 25:31 En wanneer die Seun van die mens in sy heerlikheid kom en al die heilige engele saam met Hom, dan sal Hy op sy heerlike troon sit;

    Hier alreeds begin die verdraaing van die Woord deur mense. Daar is die wat die standpunt huldig dat die Slag van Armagedon hierdie oordeel is en hierdie siening het sy oorsprong in Joel.
    Joel 3:1 WANT kyk, in dié dae en in dié tyd wanneer Ek die lot van Juda en Jerusalem verander, (Dit is natuurlik aan die einde van die 7 Jaar Groot Verdrukking)
    2 sal Ek al die nasies versamel en hulle na die dal van Jósafat laat aftrek, om daar met hulle ‘n strafgerig te hou ter wille van my volk en my erfdeel Israel wat hulle onder die nasies verstrooi het, en my land wat hulle verdeel het.

    Eina, en die wêreld en ook ons in Suid Afrika skree vir ‘n Twee Staat oplossing vir Israel. Selfs ‘n groot deel van die blanke bevolking staan hierdie verdeling voor.

    In vers 2 gee God die rede vir hierdie “strafgerig”. God sê niks van sonde of ongereddes nie. Die twee oordele wat handel oor gereddes en ongereddes is die Regterstoel Oordeel en die Wit Troon Oordeel. Hierdie oordeel van God is heeltemaal vir ‘n ander rede soos dit opgeteken is in Joel 3.

    Kyk ons na die rede vir die strafgerig by Armagedon en die Bok en Skaap Nasies oordeel, is dit twee totaal verskillende redes. By Armagedon is dit “onder die nasies verstrooi het, en my land wat hulle verdeel het”. By die Bok en Skaap Nasies is dit vir ‘n heel ander rede en sal ek dit nou verder in hierdie skrywe behandel.

    Kom ons kyk weer wat sê Jesus in Matthéüs 25:31 En wanneer die Seun van die mens in sy heerlikheid kom en al die heilige engele saam met Hom, dan sal Hy op sy heerlike troon sit; Wat sien ons hier? Wat is die sleutel woorde wat gebruik word om die tyd van hierdie oordeel te bepaal? “dan sal Hy op sy heerlike troon sit”.

    Maar dan verkondig die aanhangers van die Armagedon siening dat hierdie teks in Matthéüs die bewys is dat Armagedon die Bok en Skaap Nasies Oordeel is.

    Weereens wil ek die punt herhaal dat daar altyd na Konteks en Verband gekyk moet word en nie net een teks neem en dan ‘n hele leerstelling daarom bou nie. Dit is die rede hoekom daar so baie strome in ons Christen godsdiens is.

    Jesus kom vir die Slag van Armagedon saam met Sy engele terug aarde toe en dan vind hierdie oorlog plaas.

    Eers na die Slag van Armagedon ry Jesus op ‘n donkie as Koning van Jerusalem binne deur die Oospoort wat ook genoem word Die Goue Poort.

    2 Interresante punte wat ek net gou wil uitlig

    1) Daar is diegene wat voel dat die heiliges wat saam met Jesus terugkom die gereddes is, of genoem die bruid van die Lam. Nee, die Woord is duidelik, dis engele
    2) Net ook interresant. Jesus gaan deur die Oospoort of ook genoem”die Goue Poort” binne NA die slag van Armagedon. Hierdie Goue Poort is in 1541 deur die Ottoman Suleiman laat toebou en is so tot vandag toe. Dit gaan so bly, aangesien die wêreld glo dat sou hierdie poort toe bly, sou Jesus nie daardeur kan ry nie en kan die profesie en dus Sy heerskappy nie vervul word nie.

    Die Muslims het ook hulle grafte voor die Oospoort geplaas, want so glo hulle, ‘n begraafplaas is ‘n onreine gebied en daarom sal Jesus nie daardeur kan ry nie. So bly hulle alles afwentel na die vlees.

    Hoe dwaas. Hoe vergeet hulle dat Hy God is wat alles geskape het en niks het tot stand gekom sonder Hom nie.

    So; dit is die rede hoekom al hierdie tekse en profisee verander moet word en die mens aangehits word om die Jood te haat. Vandaar anti-semitisme. Mense is onbewustelik bang wat met hulle gaan gebeur en probeer God verban van die aarde af.

    So die tyd van hierdie oordeel is na die Slag van Armagedon. Nadat Jesus deur die Oospoort, Jerusalem binnery as Koning en op die troon van sy vader Dawid gaan sit, bots die Armagedon siening lynreg teen hierdie teks wat hulle gebruik.

    Die plek is dus op aarde waar die Bok en Skaap Nasies dan plaasvind.

    2) Wie word geoordeel in hierdie gedeelte,

    Kom ons lees onderstaande tekse stadig deur en besluit julle dan of wat hier beskryf word, enigsins verwys na die beskrywing van Armagedon.

    Matthéüs 25:32 en voor Hom sal al die nasies versamel word, en Hy sal hulle van mekaar afskei soos die herder die skape van die bokke afskei;
    33 en Hy sal die skape aan sy regterhand en die bokke aan sy linkerhand sit.
    34 Dan sal die Koning vir die wat aan sy regterhand is, sê: Kom, julle geseëndes van my Vader, beërf die koninkryk wat vir julle berei is van die grondlegging van die wêreld af.

    Dis totaal in stryd met wat gebeur by Armagedon en wat interresant hier is, is die volgende: “beërf die koninkryk wat vir julle berei is van die grondlegging van die wêreld af”.

    Baie mense word deur hierdie teks verwar en glo dis die Hemel wat beërwe word. So laat ek gou verduidelik: Na die Slag van Armagedon rig Jesus ‘n koninkryk van duisend jaar op. Dit is op die aarde met die wêreld hoofstad, Jerusalem.

    Dit is die skaapnasies wat gaan ingaan in hierdie 1000 jaar koningkryk, ook genoem “Die Vrederyk”.

    3) Hoekom word hulle geoordeel?

    Ek gaan die gedeelte van die skaapnasies hier aanhaal en dan slegs vewys na die boknasies gedeeltes.

    Matthéüs 25:35 Want Ek het honger gehad, en julle het My te ete gegee; Ek het dors gehad, en julle het My te drinke gegee; Ek was ‘n vreemdeling, en julle het My herberg gegee;
    36 Ek was naak, en julle het My geklee; Ek was siek, en julle het My besoek; in die gevangenis was Ek, en julle het na My gekom.
    37 Dan sal die regverdiges Hom antwoord en sê: Here, wanneer het ons U honger gesien en gevoed; of dors, en te drinke gegee?
    38 En wanneer het ons U ‘n vreemdeling gesien, en herberg gegee; of naak, en geklee?
    39 En wanneer het ons U siek gesien of in die gevangenis, en na U gekom?

    Wat opvallend is, is dat hier van definitiewe situasies gepraat word. Nêrens word van sonde of geloof van watter aard ookal gepraat nie. Hierdie oordeel is nie ‘n oordeel van sonde of geloof nie, maar hoe daar opgetree is teen God se volk in die Groot Verdrukking. Dit is die rede en beslis nie dieselfde rede as wat vir Armagedon geld nie. In hierdie teks word aan Jesus gevra wanneer het hulle dit aan en vir Hom gedoen? Dus gaan Armgedon oor die grond gebied en die Bok en Skaap Nasies Oordeel oor die behandeling van die Jood.

    Kyk ons na honger, dors, vreemdeling, naak, siek ens dan word die vraag gevra, is dit sondes wat hier genoem word? Is hier enige verwysing na geloof?

    Dan sien ek weer hoe daar gepoog word om ander interputasies aan hierdie duidelike teks te gee. Kyk ons weer na die siening dat Jesus hier verwys na gelowige en ongelowige enkelinge uit die nasies, dan is dit so duidelik dat enige metode gebruik sal word om dit met die menslike siening te probeer versoen. Maak nie saak hoe vergesorg. Hoe kan ons enigsins, dors, vreemdeling, naak, siek ens vereenselwig met die mense wat by Armagedon betrokke sal wees?

    Volgens hierdie denkrigting ontstaan die vraag, hoe gaan Jesus, terwyl die Slag van Armagedon aan die gang is, strafgerig hou en dit nogal tussen gelowiges en ongelowiges? Ek kan dieper hier ingaan, maar ek dink dis duidelik wat hier aan die gang is.

    Wil net noem dat die Slag van Armagedon skrikwekkend gaan wees waar totale nasies uitgewis gaan word en nie enkelinge nie. So die vraag ontstaan weer, hoe kan mense werklik die Woord so probeer verdraai?

    Ek sal wel weer die rede daarvoor gee.

    Dit is geskoei op die Moederbelofte soos vervat in die Onvoorwaardelike Verbond tussen God en Adam. Ek het dit daar in detail bespreek.

    Vanaf Matthéüs 25:41 herhaal dieselfde skrifgedeelte behalwe dat dit nou aan die Bok Nasies gevra word.

    Ek wil nie die skrywes te lank maak nie so sal in Deel 2 verder gaan waar ek met vraag 4 sal voortgaan.

Viewing 1 post (of 1 total)
  • You must be logged in to reply to this topic.