Loving Life TV

Die Regterstoel Oordeel Deel 1 – Pieter de Klerk

Home Forums PIETER DE KLERK-OP DIE RADAR Die Regterstoel Oordeel Deel 1 – Pieter de Klerk

Viewing 1 post (of 1 total)
  • Author
    Posts
  • #2414
    pieterdeklerk
    Moderator

    Kom ons kyk weer na die kronologie van toekomstige gebeure

    1 Volgende op die kalender is die Psalms 83 oorlog. Alreeds hieroor geskryf.
    2 Dan Eségiël 38-39 oorlog. Begin Donderdag bespreek.
    3 Hier vind die Wegraping plaas en verskuif die toneel na die Hemel vir Openbaring 4-5. Alreeds hieroor geskryf
    4 Hier vind die Regterstoel oordeel plaas. Begin vandag behandel
    5 Terselfdertyd hiermee verskuif die aandag na die aarde vanaf Openbaring 6. Dit is die tyd van die 7 jaar verdrukking.
    6 Aan die einde van die 7 jaar kom Jesus fisies terug aarde toe.
    7 Die Slag van Armagedon vind dan plaas. Besig om hieroor te skryf.
    8 Dadelik na die koms van Jesus vind die Bok en Skaap Nasies oordeel plaas. Bespreek binnekort.
    9 Die 1000 jarige vrederyk kom in werking.
    10 Aan die einde van die 1000 jaar vind die Groot Wit Troon oordeel plaas.
    11 Die Hel. Alreeds hieroor geskryf.
    12 Dan die laaste oorlog en die ewigheid begin naamlik, nuwe Hemel en Nuwe aarde.

    In die volgende plasings gaan ek die drie oordele van Jesus bespreek. Die doel van hierdie plasings is om vrae te beantwoord en misplasings reg te stel. Die 3 Oordele wat bespreek gaan word is:

    1) Die Regterstoel Oordeel (Bema)
    2) Die Oordeel van die Bok en Skaap Nasies
    3) Die Wit Troon Oordeel

    Ons gaan kyk hoe verskil die drie met betrekking tot die volgende:

    a) tyd,
    b) plek,
    c) aard of karakter
    d) loon of al dan nie straf.

    Die Regterstoel van Christus, ook in Grieks genoem Die Bema Oordeel

    Die agtergrond tot die woord “Bema”

    Dr. Randall Smith het verduidelik dat die Bema so ʼn platvorm of verhoog in Korinte was waarop ʼn regter per geleenheid regspraak kon uitoefen. ʼn Voorbeeld hiervan is Handelinge 18 waar die Romeinse prokonsul, Gallio, op hierdie bema ʼn uitspraak ten opsigte van Paulus moes lewer.
    Handelinge 18:12 En toe Gállio goewerneur van Acháje was, het die Jode eenparig teen Paulus opgestaan en hom voor die regterstoel gebring
    13 en gesê: Hierdie man haal die mense oor om God op onwettige wyse te vereer.
    14 En toe Paulus sy mond wou oopmaak, sê Gállio vir die Jode: As daar nou enige oortreding of kwaadwillige skelmstuk was, dan sou ek rede hê om julle te verdra, o Jode;
    15 maar as dit ‘n geskil is oor ‘n woord en oor name en oor ‘n wet wat vir julle geld, moet julle toesien, want daaroor wil ek geen regter wees nie.
    16 En hy het hulle van die regterstoel weggedryf.

    ʼn Ander doel waarvoor die bema eintlik gebruik was, was om na kompetisies aan die wenners hul lourier- of oorwinningskranse te oorhandig.

    Korinthiërs 9: 24 Weet julle nie dat die wat op die baan hardloop, wel almal hardloop, maar dat een die prys ontvang nie? Hardloop só dat julle dit sekerlik kan behaal.
    25 En elkeen wat aan ‘n wedstryd deelneem, onthou hom in alles — húlle nogal om ‘n verwelklike krans te ontvang, maar ons ‘n onverwelklike.

    Ons sien vandag steeds by sportgeleenthede hoe die wenners van die eerste drie posisies op ʼn podium verskyn om hul bekers te ontvang. Paulus gebruik die beeld van die toekenning van die lourierkranse by die bema in Korinte om die loon wat ons as gelowiges gaan ontvang, te beskryf.

    Net interresant, nie al die eerste 3 wenners verskyn saam op die boonste platform nie, maar op verskillende vlakke. Waar ek en jy op die podium gaan staan is die loon wat ons gaan ontvang. Praat later oor werke.

    1) TYD

    Hierdie Oordeel van Gelowiges vind plaas onmiddelik na die Wegraping en dit gaan ʼn geweldige groot samekoms in die Troonkamer van God wees. Hier gaan elke gelowige se dade op aarde deur vuur getoets word en die Regter is Jesus self.

    Ek het alreeds die Wegrping bespreek, so net kortliks. Die Wegraping is ʼn toekoms gebeurtenis waartydens alle wedergebore gelowiges weggeneem sal word deur Jesus self en Hemel toe geneem word vir die Bruilof van die Lam. Dit sluit in die wat in Christus gesterf het asook die wedergeborenes wat in die lewe oorbly op daardie stadium.

    Die tyd wanneer die Regterstoel van Christus gebeur, word in die volgende verse aangedui;

    Openbaring 19:7 Laat ons bly wees en ons verheug en aan Hom die heerlikheid gee, want die bruilof van die Lam het gekom en sy vrou het haar gereed gemaak.
    8 En aan haar is gegee om bekleed te wees met rein en blink fyn linne, want die fyn linne is die regverdige dade van die heiliges.
    9 Toe sê hy vir my: Skryf salig is die wat genooi is na die bruilofsmaal van die Lam. En hy sê vir my: Dit is die waaragtige woorde van God.

    Wat is die fyn wit linne?

    1 Korinthiërs 4:5 Daarom moet julle nie voor die tyd oordeel, voordat die Here kom nie, wat die verborge dinge van die duisternis in die lig sal bring en die bedoelinge van die harte openbaar sal maak; en dan sal elkeen lof van God ontvang.

    2) Plek

    Die volgorde van gebeure is as volg

    a) die wegraping wat insluit die verheerliking van ons aardse liggame
    b) die opneem in die Hemel saam met Jesus Christus
    c) die beoordeling van alle gelowiges in die kerk era voor die Regterstoel van Christus
    d) aanbieding van toekennings of te wel krone en loon
    e) die Bruilof van die Lam.

    Dus is die plek nie op aarde soos sommiges beweer, maar in die Hemel.

    3) Aard of Karakter

    Na aanleiding van bogenoemde skrif is dit duidelik dat die kind van God nie veroordeel word nie, maar beoordeel word volgens hul werke. Hier ontstaan weereens ‘n wanopvatting dat werke deel is van redding. Die werke waarvan hier gepraat word is diensbaarheid aan God nadat wedergeboorte alreeds plaasgevind het.

    2 Korinthiërs 5:7 Want ons wandel deur geloof en nie deur aanskouing nie.

    2 Korinthiërs 5:10 Want ons moet almal voor die regterstoel van Christus verskyn, sodat elkeen kan ontvang wat hy deur die liggaam verrig het, volgens wat hy gedoen het, of dit goed is of kwaad.

    Volgens vers 10 sal elke kind van God voor die regterstoel van Christus verskyn om te ontvang volgens wat hy/sy deur die liggaam gedoen het, of dit goed is of kwaad.

    Die BEMA is dus dan ‘n verhoog of platform by hierdie geleentheid waar die kind van God nie veroordeel word oor sonde nie.

    Daar kan nou tereg gevra word of ek korrek is dat die Bema oordeel slegs vir gereddes is en dat daar geen veroordeling is nie? So kom ons kyk wat sê die Byel daaroor.

    Romeine 8:1 Daar is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees.

    Hier word verwys na Wedergeboorte en so vleg die Woord alles saam.

    Ek sal wanneer ek Die Witroon Oordeel behandel, meer uitwei daaroor, maar net sodat ons nie deurmekar raak nie, wil ek die verskil uitwys.

    a) Bema Oordeel: Hier is slegs Oordeel vir “werke” vir die wie Jesus Christus as Verloser aanvaar het
    b) Wit Troon Oordeel: Dit vind plaas aan die einde van die 1000jaar Vrederyk en is vir die ongereddes. Hier word Veroordeel, nie net vir sonde nie, maar die verwerping van Jesus as Verloser.

    Dus is die doel van hierdie oordeel om te bepaal of ‘n persoon Loon en Krone sal ontvang al dan nie.

    Die Regterstoel van Christus is dus net vir die wedergeborene.

    4) Loon al dan nie

    Wat is dus die doel van die Bema Oordeel?

    Romeine 14:12 so sal elkeen van ons dan vir homself aan God rekenskap gee.

    Kyk ons na Lukas 16 dan word dit duidelik dat hier verwys word na wat ons gedoen het met die talente wat God ons gegee het om bruikaar te wees vir God,

    Lukas 14:2 En hy het hom geroep en vir hom gesê: Wat is dit wat ek van jou hoor? Gee verslag van jou bestuur van sake; want jy sal nie meer bestuurder kan wees nie.

    Ek plaas hier die Gelykenis van Matthéüs 25 wat te doen het met die “werke” van God. Dit verduidelik hoe loon en krone werk al dan nie. Baie van ons voel dat nadat ons gered is, ons nou mag terugsit, maar lees gerus die gedeelte hieronder en dink daaroor.

    Matthéüs 25:14 WANT dit is soos ‘n man wat op reis wou gaan en sy diensknegte roep en aan hulle sy besittings toevertrou.
    15 En aan die een gee hy vyf talente en aan die ander twee en aan die ander een, aan elkeen na sy vermoë; en hy het dadelik op reis gegaan.
    16 En die een wat die vyf talente ontvang het, het daarmee gaan werk en vyf ander talente gewin.
    17 Net so het die een wat die twee ontvang het, self ook twee ander verdien.
    18 Maar hy wat die een ontvang het, het in die grond gaan grawe en die geld van sy heer weggesteek.
    19 En ná ‘n lang tyd het die heer van daardie diensknegte gekom en met hulle afgereken.
    20 En die een wat die vyf talente ontvang het, kom en bring vyf ander talente en sê: Meneer, vyf talente het u aan my toevertrou; hier het ek vyf ander talente daarby verdien.
    21En sy heer sê vir hom: Mooi so, goeie en getroue dienskneg, oor weinig was jy getrou, oor veel sal ek jou aanstel. Gaan in in die vreugde van jou heer.
    22 En die een wat die twee talente ontvang het, kom ook en sê: Meneer, twee talente het u aan my toevertrou; hier het ek twee ander talente daarby verdien.
    23 Sy heer sê vir hom: Mooi so, goeie en getroue dienskneg, oor weinig was jy getrou, oor veel sal ek jou aanstel. Gaan in in die vreugde van jou heer.
    24 En die een wat die een talent ontvang het, kom ook en sê: Meneer, ek het u geken, dat u ‘n harde man is wat maai waar u nie gesaai het nie, en bymekaarmaak waar u nie uitgestrooi het nie;
    25 omdat ek bang was, het ek gegaan en u talent in die grond weggesteek. Hier het u wat aan u behoort.
    26 Maar sy heer antwoord en sê vir hom: Jou slegte en luie dienskneg, jy het geweet dat ek maai waar ek nie gesaai het nie, en bymekaarmaak waar ek nie uitgestrooi het nie.

    En net so werk loon en krone. Die laaste dienskneg is nie uitgewerp nie, maar hy het geen prysing ontvang nie en die woorde gehoor “oor weinig was jy getrou, oor veel sal ek jou aanstel”.

    Interessant word sekere boeke van die Bybel die Kanonieke boeke genoem. Kanoniek beteken, “om te meet, om reg te meet”. God meet ons met ons eie maatband.

    2 Korinthiërs 5:10b volgens wat hy gedoen het, of dit goed is of kwaad.

    Ons is gewoonlik van die oortuiging dat hierdie vers verwys na sonde. Die Griekse woord vir kwaad is FHALOS en dit beteken waardeloos terwyl die Griekse woord vir sonde, Thanatos, Kakas of Poneros is.

    Het julle al ooit gewonder wat die Bybel bedoel met die volgende?

    Matthéüs 6:19 MOENIE vir julle skatte bymekaarmaak op die aarde, waar mot en roes verniel en waar diewe inbreek en steel nie;
    20 maar maak vir julle skatte bymekaar in die hemel, waar geen mot of roes verniel nie en waar diewe nie inbreek en steel nie;
    21want waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees.

    Daar is 2 opvallende stukkies inligting wat uit hierdie gedeeltes uit kom:

    1 Dit is die loon wat elkeen sal ontvang .
    2 ‘n Kroon is heerskapy. Matthéüs 25;21 En sy heer sê vir hom: Mooi so, goeie en getroue dienskneg, oor weinig was jy getrou, oor veel sal ek jou aanstel. Gaan in in die vreugde van jou heer.

    Volgende week kyk ons na my en jou werke vir God

Viewing 1 post (of 1 total)
  • You must be logged in to reply to this topic.