Loving Life TV

Die Regterstoel Oordeel Deel 2 – Pieter de Klerk

Home Forums PIETER DE KLERK-OP DIE RADAR Die Regterstoel Oordeel Deel 2 – Pieter de Klerk

Viewing 1 post (of 1 total)
  • Author
    Posts
  • #2415
    pieterdeklerk
    Moderator

    In Deel 1 het ons gekyk na die agtergrond van hierdie oordeel.

    Net ter verfrissing van gedagtes: Hierdie oordeel is eintlik ‘n beoordeling en nie ‘n veroordeling nie. By hierdie oordeel is dit slegs wedergeborenes wat in die Hemel voor Jesus verskyn om te sien of ek en jy Krone en loon sal ontvang al dan nie.

    Ons gaan nou dieper in.

    JOU WERKE VIR GOD

    So wat word bedoel met Werke; Liefdadigheid? Skenkings aan armes? Toebrootjies uitdeel aan behoeftiges? Dit is nie wat gedoen word wat van belang is nie, maar hoekom. Laat ek dit so stel: Ons praat hier van geredde mense en nie ongelowiges nie. Werke kan jou nie in die hemel bring nie, maar werke deur gelowiges word deur Jesus beloon met Krone en Loon. En hier is groot waarskuwings van Jesus.

    Matthéüs 6:1 Pas op dat julle nie jul liefdadigheid voor die mense bewys om deur hulle gesien te word nie; anders het julle geen loon by julle Vader wat in die hemele is nie.

    Let op die volgende “anders het julle geen loon by julle Vader wat in die hemele is nie”. Ja, ons moet nie loop en seker maak ander sien hoe goed ons is nie.

    Matthéüs 6:3 Maar jy, as jy liefdadigheid bewys, laat jou linkerhand nie weet wat jou regterhand doen nie,

    Matthéüs 6:6 Maar jy, wanneer jy bid, gaan in jou binnekamer, sluit jou deur en bid jou Vader wat in die verborgene is; en jou Vader wat in die verborgene sien, sal jou in die openbaar vergelde.

    Matthéüs 6:17 Maar jy, as jy vas, salf jou hoof en was jou gesig,
    18 sodat jy nie die mense laat sien dat jy vas nie, maar jou Vader wat in die verborgene is; en jou Vader wat in die verborgene sien, sal jou in die openbaar vergelde.

    Paulus skryf die volgende aan die gemeente van Korinte waar hy dit stel dat ons werkers vir God is en nie veronderstel is om net te sit nie. 1 Korinthiërs 3:9 Want ons is medewerkers van God; die akker van God, die gebou van God is julle.

    1 Korinthiërs 3:10 Volgens die genade van God wat aan my gegee is, het ek soos ‘n bekwame boumeester die fondament gelê, en ‘n ander bou daarop; maar elkeen moet oppas hoe hy daarop bou. Mense vandag bou egter soos hulle wil op hierdie fondasie.

    Matthéüs 6:19 MOENIE vir julle skatte bymekaarmaak op die aarde, waar mot en roes verniel en waar diewe inbreek en steel nie;
    20 maar maak vir julle skatte bymekaar in die hemel, waar geen mot of roes verniel nie en waar diewe nie inbreek en steel nie;
    21 want waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees.

    1) En dit is wat die Bybel bedoel met werke. Daardie talente wat deur God aan my en jou gegee is, moet ons gebruik in Sy diens. So verkry ons loon en krone (skatte) vir die dag van die Bema Oordeel. Dit beteken dat sou God vir ‘n persoon ‘n hart van deernis gegee het vir behoewende mense, dan is dit sy keuse om daarin op te tree al dan nie. Ander weer tree op in herderskap, ander in lering, ander in bemoediging, ander in gebede vir andere ens. Daar is soveel talente waaroor mense beskik en die vraag is soos in die gelykenis in Matthéüs 25, wat maak ons daarmee?

    Hoeveel maal het ek in die winter mense langs die strate gesien wat sop uitdeel aan die armes; sulke groot potte vol. Dit maak nie saak of hierdie behoewendes gered is of van watter kleur nie. Hierdie wedergebore mense wat dit uit omgee doen, is besig om skatte in die hemel bymekaar te maak. Nie uit verdienste nie, maar slegs deur genade. Hierdie aksies van my en jou kan lei tot ‘n persoon wat sy/haar lewe vir Jesus gee en dan beloon Hy my en jou daardie dag by hierdie oordeel.

    Van watter fundament word gepraat?

    1 Korinthiërs 3:11 Want niemand kan ‘n ander fondament lê as wat daar gelê is nie, dit is Jesus Christus. Nou kom die vraag, in hoeveel van vandag se kerke en sogenaamde temples is Jesus die fondasie wat nog te sê. welkom? Neem is ag dat ons nou in die tyd va die Laodicéa Kerk era is.

    Openbaring 3:15 Ek ken jou werke, dat jy nie koud is en ook nie warm nie. Was jy tog maar koud of warm!
    16Maar nou, omdat jy lou is en nie koud of warm nie, sal Ek jou uit my mond spuug

    En hier begin ons nader beweeg oor Werke wat NIE SONDES is nie

    Ek wil net so n rukkie hier stilstaan, aangesien die volgende verse totaal en al verkeerd en uit verband gebruik word deur die Rooms Katolieke Kerk met hulle Vage Vuur.

    Bybelse betekenis

    1 Korinthiërs 3:12 En as iemand op dié fundament (Jesus) bou goud, silwer, kosbare stene, hout, hooi, stoppels—

    Die Ses Boustowwe wat ons gebruik.
    a) Goud
    b) Silwer
    c) kosbare stene
    d) hout
    e) hooi
    f) stoppels

    1 Korinthiërs 3:13 elkeen se werk sal aan die lig kom, want die dag sal dit aanwys, omdat dit deur vuur openbaar gemaak word; en die vuur sal elkeen se werk op die proef stel, hoedanig dit is.

    1 Korinthiërs 3:14 As iemand se werk bly staan wat hy daarop gebou het, sal hy loon ontvang;

    Die Rooms Katolieke Kerk sê dat met die dood van ‘n mens, gaan mens eers na die Vage Vuur. Dit is glo waar so ‘n persoon se sondes afgebrand word om gereinig te word. Daar is, volgens die Rooms Katolieke Kerk, wel ‘n uitweg. Die familie of vriende van die afgestorwenes kan hierdie tyd in die Vage Vuur verkort. Hoe?

    Wel, hoe meer geld jy aan die kerk betaal sal daar daarvolgens ‘n sekere aantal gebede opgaan. Hoe meer geld, hoe meer gebede en dit is dan hierdie gebede wat so ‘n persoon se sondes vinniger verbrand en dus die lyding verkort.

    So sê die kerk dat na ‘n tyd is jou sonde afgebrand en kom jy uit die vuur die hemel in.

    Wat se die Bybel hieroor?

    1 Korinthiërs 3:15 as iemand se werk verbrand word, sal hy skade ly; alhoewel hy self gered sal word, maar soos deur vuur heen. Wat beteken “sal hy skade ly”? Doodeenvoudig dat daar “loon en krone” verloor word.

    Soos bo genoem is daar ses boustowwe

    a) Goud, Silwer en Kosbare Stene is onvernietigbaar en aanneemlik en gee eer aan God.
    b) Hout, Hooi en Stopsels is vernietigbaar en is onaanneembaar vir God en eis eer vir die eie ek, in plaas van God.

    Dit is wat bedoel word dat werke deur vuur geopenbaar sal word. Goud, Silver en Kosbare stene sal bly staan, maar Hout, Hooi en Stopsels word verbrand. Daar is geen sprake dat ‘n geredde eers deur ‘n letterlike vuur moet gaan nie.

    SKADE LY

    1 Korinthiërs 3:15 as iemand se werk verbrand word, sal hy skade ly; alhoewel hy self gered sal word, maar soos deur vuur heen.

    Ek wil graag die leser se aandag toespits op die woordgebruik in hierdie teks baamlik “soos deur vuur heen”. Daar is ‘n verskil tussen “deur vuur heen” en “soos deur vuur heen”. Die eerste is letterlik terwyl die tweede hipoteties is en daar is ons weereens terug met dat daar altyd na die konteks in geheel gekyk word.

    BOETE BETAAL.

    Ons kom dan in die Hemel met leë hande.

    1. MOET EK GAAN MET LEë HANDE,
    MOET EK SO MY HEER ONTMOET ?
    NIE EEN DAG AAN HOM GEWY NIE,
    NIKS TE OFFER AAN SY VOET ?

    KOOR:
    MOET EK GAAN MET LEë HANDE,
    MOET EK SO MY HEER ONTMOET ?
    NIE EEN SIEL GELEI NA JESUS,
    NIKS TE OFFER AAN SY VOET ?

    2. DAAR’S G’N VREES VIR DOODSE BANDE,
    WANT DIE HEILAND IS GETROU;
    MAAR TE GAAN MET LEë HANDE
    BAAR MY BITTERE BEROU.

    3. O DIE JARE VAN VERKWISTING!
    KON EK HULLE WEER DEURLEEF,
    EK SOU HUL MY HEILAND TOEWY,
    NA SY EER GEDURIG STREEF!

    4. O GODS KINDERS, WEES TOG WAKKER,
    HAAS U, WERK, DIT IS NOG DAG!
    SMEEK EN STRY VIR KOSB’RE SIELE,
    EERLANK IS DIT EWIG NAG!

    Hierdie woorde wat aan die meeste van ons bekend is, stel alles in perspektief; Ons BOETE word dan van ons LOON afgetrek. Dit beteken GERED, maar sonder LOON en KROON. Met ander woorde ons het die hemel net-net gemaak.

    Wil amper stel, ons het net aan die minimum vereistes voldoen. Die Bybel stel dit dat so ‘n persoon beskaamd kan staan.

    1 Johannes 2:28 En nou, my kinders, bly in Hom, sodat ons vrymoedigheid kan hê wanneer Hy verskyn en nie beskaamd van Hom weggaan by sy wederkoms nie.

    ‘n Interessante stukkie geskiedenis wat werklik gebeur het. Die professor wie die uitvinder van die Xstraal-masjien was, het om die masjien te demonstreer, mense genooi om hul juwele te bring en onder die Xtraal te plaas. Groot was die teleurstelling van sommige mense toe hulle uitvind dat van hul juwele nagemaak en/of gekraakte edelstene was.

    God plaas ons werke (edelgesteentes) ook onder sy “xtraal” om geopenbaar te word.

    Wil julle nie asseblief weer hierdie skrywe lees nie! Hierdie het ewigheidswaarde en nie net ‘n cliché nie.

    Ek sluit af

    Werke het geen invloed op redding nie. Die Bybel is baie duidelik dat welke redding is uit en uit deur genade op genade. Wat ons egter met hierdie geskenk doen, is wel ‘n faktor sover Loon en Krone.

    Volgende week wil ek praat oor die Krone wat in die Bybel voorkom.

Viewing 1 post (of 1 total)
  • You must be logged in to reply to this topic.