Loving Life TV

Die Regterstoel Oordeel Deel 3 – Pieter de Klerk

Home Forums PIETER DE KLERK-OP DIE RADAR Die Regterstoel Oordeel Deel 3 – Pieter de Klerk

Viewing 1 post (of 1 total)
  • Author
    Posts
  • #2416
    pieterdeklerk
    Moderator

    Verlede week het ons gekyk na “werke” en watter rol dit speel in ons situasie na die Regterstoel oordeel

    Ek sluit hierdie studie af met die bespreking rondom Krone en Loon wat verwerf kan word.

    Daar is diegene wat probeer om die Loon en Krone te vergeestelik en so die wonderlike geskenk wat God ons gee, te verbeur. Die Krone en die Loon is werklikheid.

    VYF OORWINNINGS-KRONE

    1. Die kroon van die lewe = “Martelaarskroon”. STEFANUS was die eerste martelaar om dié kroon te kry.

    Openbaring 2:10 Wees getrou tot die dood toe, en Ek sal jou die kroon van die lewe gee.

    Ons luister so na die nuus van hoeveel martelare daar vandag is. Mense wat alles verloor, selfs hul lewens weens hulle geloof in Christus.

    2. Die onverwelklike kroon – vir die “Wedergeborene”.

    1 Korinthiërs 9:24 Weet julle nie dat die wat op die baan hardloop, wel almal hardloop, maar dat een die prys ontvang nie? Hardloop só dat julle dit sekerlik kan behaal.
    25 En elkeen wat aan ‘n wedstryd deelneem, onthou hom in alles — húlle nogal om ‘n verwelklike krans te ontvang, maar ons ‘n onverwelklike.

    1Petrus 1:4 sodat ons ‘n onverganklike en onbesmette en onverwelklike erfenis kan verkry, wat in die hemele bewaar is vir ons.

    3. Die kroon van vreugde – “Sielewenners” kroon.

    Daniel 12:3 En die verstandiges sal glinster soos die glans van die uitspansel, en die wat baie tot regverdigheid lei, soos die sterre vir ewig en altoos.

    Spreuke 11:30 en hy wat siele win, is wys.

    1 Thessalonisense 2:19 want wie anders as julle is ons hoop of blydskap, of kroon van roem in die teenwoordigheid van onse Here Jesus Christus by sy wederkoms? –

    Die Sielewennerskroon is ‘n spesiale beloning aan almal wat vissers van mense is. Dit is almal wat met die sekel van die evangelie in die ryp en wit oeslande van mense siele ingaan en ‘n siele-oes vir die koninkryk help insamel.

    4. Die kroon van “Heerlikheid”- vir die Herders.

    1 Petrus 5: 2 Hou as herders toesig oor die kudde van God wat onder julle is, nie uit dwang nie, maar gewilliglik; nie om vuil gewin nie, maar met bereidwilligheid;
    3 ook nie as heersers oor die erfdeel nie, maar as voorbeelde vir die kudde.
    4 En wanneer die Opperherder verskyn, sal julle die onverwelklike kroon van heerlikheid ontvang.

    5. Die kroon van “Geregtigheid” – vir dié wat uitsien na die wederkoms.

    2 Timotheus 4:8 Verder is vir my weggelê die kroon van die geregtigheid wat die Here, die regverdige Regter, my in dié dag sal gee; en nie aan my alleen nie, maar ook aan almal wat sy verskyning liefgehad het.

    Openbaring 22:12 En kyk, Ek kom gou, en my loon is by My, om elkeen te vergeld soos sy werk sal wees.

    SEWE “OORWINNINGS LONE”

    1. AAN DIE GEMEENTE VAN ÉFESE.
    Openbaring 2:7 Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om te eet van die boom van die lewe wat binne in die paradys van God is.

    2. AAN DIE GEMEENTE VAN SMIRNA
    Openbaring 2:11 Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. Die wat oorwin, sal deur die tweede dood geen skade ly nie.

    3. AAN DIE GEMEENTE VAN PÉRGAMUS
    Openbaring 2:17 Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om te eet van die verborge manna, en Ek sal hom gee ‘n wit keursteen, en op dié steen ‘n nuwe naam geskrywe wat niemand ken nie, behalwe hy wat dit ontvang.

    4. AAN DIE GEMEENTE VAN THIATIRE
    Openbaring 2:26 En aan hom wat oorwin en my werke tot die eindetoe bewaar, sal Ek mag oor die nasies gee,

    5. AAN DIE GEMEENTE VAN SARDIS
    Openbaring 3:5 Wie oorwin, sal beklee word met wit klere, en Ek sal sy naam nooit uitwis uit die boek van die lewe nie, en Ek sal sy naam bely voor my Vader en voor sy engele.

    6. AAN DIE GEMEENTE VAN FILADELFIA
    Openbaring 3:12 Wie oorwin, Ek sal hom ‘n pilaar in die temple van my God maak, en hy sal daar nooit weer uitgaan nie; en Ek sal op hom die Naam van my God skrywe en die naam van die stad van my God, van die nuwe Jerusalem, wat uit die hemel van my God neerdaal, en my nuwe Naam.

    7. AAN DIE GEMEENTE VAN LAODICÉA
    Openbaring 3:21 Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om saam met My te sit op my troon, soos Ek ook oorwin het en saam met my Vader op sy troon gaan sit het.

    Openbaring 3:11 Kyk, Ek kom gou! Hou vas wat jy het, sodat niemand jou kroon kan neem nie.

    Filémon 4:1 my blydskap en kroon, staan so vas in die Here, geliefdes.

    Openbaring 4:10 val die vier en twintig ouderlinge neer voor Hom wat op die troon sit, en aanbid Hom wat tot in alle ewigheid lewe,en werp hulle krone voor die troon en sê:
    11 U is waardig, o Here, om te ontvang die heerlikheid en die eer en die krag, want U het alles geskape en deur u wil bestaan hulle en is hulle geskape.

    2 Johannes 1:8 Wees op julle hoede, dat ons nie verloor wat ons deur arbeid verkry het nie, maar ‘n volle loon ontvang.

    Om op te som.

    1) Die Regtersoel Oordeel is slegs vir die geredde
    2) Werke kom slegs in aanmerking na wedergeboorte
    3) Werke dra nie by tot redding nie
    4) Werke verkry Loon
    5) Werke verkry Krone
    6) Goud, Silver, Kosbare Stene is onvernietigbaar
    7) Hout, Hooi, Stopsels is vernietigbaar
    8) Dit is die keuse van elke wedergeborene of ons skatte in die Hemel wil vergader al dan nie.

    In Openbaring 2 en 3 openbaar Jesus self die loon wat in elke kerk despensasie gegee sal word.

    1om te eet van die boom van die lewe

    2 tweede dood geen skade ly nie

    3 om te eet van die verborge manna, en Ek sal hom gee ‘n wit keursteen, en op dié steen ‘n nuwe naam geskrywe wat niemand ken nie, behalwe hy wat dit ontvang.

    4 sal Ek mag oor die nasies gee

    5 Ek sal sy naam nooit uitwis uit die boek van die lewe nie

    6 sal op hom die Naam van my God skrywe en die naam van die stad van my God mag oor die nasies gee,

    7 saam met my Vader op sy troon gaan sit

    Punt 7 is die loon in hierdie kerk despensasie van Laodicéa wat spesiaal vir ons is. Laat dit insink wat dit vir jou en my beteken. Dit is vir my te groot om in te neem.

    Openbaring 3:21 Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om saam met My te sit op my troon, soos Ek ook oorwin het en saam met my Vader op sy troon gaan sit het.

    Dit is Jesus se belofte en nie my woorde nie.

    Hierdie is slegs die Loon wat Jesus gee tov Openbaring 2 en 3. Daar is moontlik nog vele ander lone waarvan ons nie weet nie.

    Dit is wat vir ons by die Regterstoel (Bema) wag. Is dit nie al die verdrukking, bespotting en swaarkry werd nie?

    Ek sluit af.

    Na hierdie oordeel kry ons fyn wit klere en die Bruilof van die Lam vind plaas.

    Die toneel verskuif dan van die Hemel na die aarde vanaf Openbaring 6 en die wonderlike nuus is dat ons geen deel daaraan het nie.

    Volgende gaan ons kyk na die Bok en Skaap Nasies Oordeel. Oor hierdie oordeel bestaan daar soveel mistasting en verdraaing.

Viewing 1 post (of 1 total)
  • You must be logged in to reply to this topic.