Loving Life TV

DIE WARE BOER

  • This topic is empty.
Viewing 1 post (of 1 total)
  • Author
    Posts
  • #418989
    Nat Quinn
    Keymaster

    DIE WARE BOER

    Wie en wat is die Ware Boer ?

    Nie Afrikaner of stinkafrikaner of joiner of verraaier of hensopper of meeloper of liberale afrikaan of iets erger nie, maar ‘n man wat is wat sy benaming sĂȘ hy is – die BOER !

    Dit is ‘n man wie se voorouers uit Wes-Europa in Afrika gevestig het, deur onderdrukkende regering deur Nederlander en Brit en Britse handlanger hulself gevestig het in die Suidland, wie se voorouers uitbeweeg het onder onderdrukking uit na die Noordelike hinterland.

    Wat moorddadige barbare en ondiere en siektes en swaarkry en Britte verslaan het en in die poging die trotse Boerrepublieke tot stand gebring het, wie die invallende vyand verslaan het of in die proses ondergegaan het, weens Volksmoord op sy Volk toegepas ..

    ‘n man van Germaanse/Franse/Keltiese afkoms,

    ‘n man wat kan werk en veg en sy mense versorg en bou en tot stand bring,

    ‘n man wat sy Skepper eer en Hom bo alles stel, wat sy Gelofte onderhou en sy waardes bo finansiĂ«le gewin stel,

    ‘n man wat deur die wĂȘreld geĂ«er word vir sy standvastigheid in geloof, norme, eerbaarheid, gasvryheid, fisiese en geestelike vermoĂ«ns, wie se moed en durf sonder weerga is, wie se beginsels sonder prys is … ware pioniers, wat die beskawing gevestig en gemaak het en tot volle blom laat gedy.

    Die Boer is gewoonlik ‘n stewige kĂȘrel, wat sy naam ontleen aan die aartsberoep van sy voorsate (veeboere en akkerbouers by uitstek) – selfs kantoorwerkers en professore en dokters en spoorwerkers en paneelkloppers en wetenskaplikes kan Boere wees, hul is slegs tydelik in die ander beroep ..

    al is hy nie noodwendig vandag op ‘n plaas nie, hunker hy meesal steeds na “’n stukkie grond”..

    Hy is knaphandig en vindingryk, meesal vreedsaam van aard, sagmoedig, lief vir kinders en sy gesin, vir diere en die veld en natuur en soms selfs die see..

    VanwĂ«e sy oĂ«nskynlik nederige aard en inherente eerlikheid word hy beskou as “maklik” om te kul en verneuk en voor te skryf, maar tog kan hy uitstekend besigheid doen en homself geld – sy soort word beskou as die beste vegters en soldate en rugbyspelers in die wĂȘreld, is titanies in stryd, het uithouvermoĂ« en vasberandenheid sonder weerga, en het ‘n vaderlandsliefde wat onblusbaar en ongeĂ«wenaard is.

    Die Boer eet beskuit met swart koffie, vleis en aartapples en pampoen en rys, kluitjies en pap en kaiings, alles wat goed en reg en skoon is – basiese kos.

    Hy slag sy eie skaap en bees, is wantrouig oor seekos, drink alkohol matig (indien wel), en bid voor ete … hy eet met skoon hande en leer sy kinders maniere en altoos behandel hy alle vroue met respek (totdat hul dit nie verdien nie),

    is moreel uiters behoudend en standvastig, hy glo daaraan om self sy brood te verdien, hy is suspisieus oor sendelinge en predikers en swendelaars en smouse en politici en uitlanders – hy het al soveel verloor, deur die geslagte heen, aan diesulkes !
    Die Boer glo aan God en soewereiniteit en onafhanklikheid op alle terreine, sy land is sy land, sy Volk sy Volk, eerbaarheid en regverdigheid sy manier van lewe, genade en barmhartigheid ‘n kenmerk…

    ‘n sonderlinge mens, geplant en gevorm en aangepas in Afrika, ontwikkel en getrek en gestry en gewerk tot besonderse, enige Vrye Boer, die argetipe van ‘n man, voor die hele WĂȘreld vry …

    Hy eer sy God, sy vadere, die wat hom voorgegaan het, is getrou, hy veg vir wat reg is, vir syne en sy mense s’n, vir sy nalatenskap en sy kinders – sy loon lĂȘ in wat hy bereik, welke gevare hy afweer, welke omstandighede en omgewing hy kan skep vir sy mense, sy naaste – selfsug figureer nie, hy leef vir sy Volk.

    DIe Boervolk, voor die hele WĂȘreld vry…

Viewing 1 post (of 1 total)
  • You must be logged in to reply to this topic.